Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Wees vreedsaam teenoor alle mense’
    Die Wagtoring — 2009 | Oktober 15
    • Oorwin die kwaad met die goeie

      13, 14. (a) Waarom is ons nie verbaas wanneer ons voor teenstand te staan kom nie? (b) Hoe kan ons dié seën wat ons vervolg?

      13 Lees Romeine 12:14, 21. Omdat ons die volste vertroue het dat Jehovah sy voornemens sal vervul, kan ons met gerustheid al ons kragte toespits op die werk wat hy ons gegee het om te doen—om die “goeie nuus van die koninkryk . . . in die hele bewoonde aarde [te] verkondig” (Matt. 24:14). Ons weet dat hierdie Christelike werk ons vyande woedend sal maak, want Jesus het ons gewaarsku: “Julle sal weens my naam vir al die nasies voorwerpe van haat wees” (Matt. 24:9). Gevolglik is ons nie verbaas of ontmoedig wanneer ons voor teenstand te staan kom nie. Die apostel Petrus het geskryf: “Geliefdes, moenie verbaas wees oor die brand onder julle, wat as ’n beproewing oor julle kom, asof iets vreemds met julle gebeur nie. Inteendeel, hou aan om julle te verbly, aangesien julle deelgenote in die lyding van die Christus is.”—1 Pet. 4:12, 13.

  • ‘Wees vreedsaam teenoor alle mense’
    Die Wagtoring — 2009 | Oktober 15
    • 15. Wat is die beste manier waarop ons die kwaad met die goeie kan oorwin?

      15 ’n Ware Christen gehoorsaam dus die slotvers van Romeine hoofstuk 12: “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar hou aan om die kwaad met die goeie te oorwin.” Die bron van alle kwaad is Satan die Duiwel (Joh. 8:44; 1 Joh. 5:19). In die openbaring wat aan die apostel Johannes gegee is, het Jesus geopenbaar dat sy gesalfde broers “[Satan] oorwin [het] weens die bloed van die Lam en weens die woord van hulle getuienis” (Op. 12:11). Dit toon dat die beste manier waarop ons Satan en sy bose invloed op die huidige stelsel van dinge kan oorwin, is om goed te doen deur ons getuieniswerk, die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel