Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deel twee—Flitse van lig—groot en klein
    Die Wagtoring – 1995 | Mei 15
    • Duidelikheid oor “die hoër magte”

      4, 5. (a) Hoe het die Bybelstudente Romeine 13:1 beskou? (b) Wat het hulle later besef is die skriftuurlike standpunt ten opsigte van “die hoër magte”?

      4 ’n Helder flits van lig is in 1962 gesien met betrekking tot Romeine 13:1, wat sê: “Laat elke siel hom onderwerp aan die hoër magte [hoër owerhede, NW]” (King James Version). Die vroeë Bybelstudente het verstaan dat “die hoër magte” wat daar gemeld word wêreldse owerhede is. Hulle het gedink hierdie teks beteken dat ’n Christen verplig sou wees om ’n uniform aan te trek, ’n geweer te dra en na die front, na die loopgrawe, toe te gaan, indien hy in oorlogstyd opgeroep sou word. Hulle het gemeen dat ’n Christen, aangesien hy nie sy medemens mag doodmaak nie, in die ergste geval noodgedwonge sy geweer in die lug sou moes afvuur.a

      5 Die Wagtoring van 1 Februarie en van 15 Februarie 1963 het helder lig op die onderwerp gewerp deur ’n bespreking van Jesus se woorde in Matteus 22:21: “Betaal . . . aan Caesar terug wat aan Caesar behoort, maar aan God wat aan God behoort.” Die apostels se woorde in Handelinge 5:29 was hier van toepassing: “Ons moet eerder aan God as heerser gehoorsaam wees as aan mense.” Christene onderwerp hulle aan Caesar—“die hoër magte”—net as dit nie vereis dat die Christen in stryd met God se wet optree nie. Hulle het besef dat onderworpenheid aan Caesar relatief is, nie absoluut nie. Christene betaal net dít wat nie in stryd met God se vereistes is nie aan Caesar terug. Hoe bevredigend was dit tog om helder lig omtrent daardie onderwerp te kry!

  • Deel twee—Flitse van lig—groot en klein
    Die Wagtoring – 1995 | Mei 15
    • a In reaksie op hierdie beskouing het The Watch Tower van 1 Junie en van 15 Junie 1929 gesê dat “die hoër magte” Jehovah God en Jesus Christus is. Dit is hoofsaaklik hierdie beskouing wat in 1962 reggestel is.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel