Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die rol van die hoër owerhede
    Die Wagtoring – 1990 | November 1
    • Ware Christene ‘versit hulle nie teen die mag nie’

      3, 4. (a) Watter beginsels word deur sogenaamde Christene wat revolusie voorstaan, geskend? (b) Wat het een persoon oor Jehovah se Getuies agtergekom?

      3 In die eerste eeu het Jesus van sy volgelinge gesê: “Hulle [is] geen deel van die wêreld . . . nie, net soos Ek geen deel van die wêreld is nie” (Johannes 17:14, NW). Enige sogenaamde Christen wat revolusie voorstaan, is beslis ’n deel van die wêreld. Hy is nie ’n volgeling van Jesus nie; en hy is ook nie ‘onderworpe aan die hoër owerhede’ nie (Romeine 13:1, NW). Hy kan gerus ag slaan op die waarskuwing van die apostel Paulus dat “hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang”.—Romeine 13:2.

      4 In teenstelling met baie mense in die Christendom het Jehovah se Getuies niks met wapengeweld te doen nie. ’n Man in Europa het dit agtergekom. Hy skryf: “Toe ek sien wat godsdiens en die politiek veroorsaak het, het ek my daaraan gewy om die gevestigde maatskaplike orde omver te werp. Ek het by ’n terroristegroep aangesluit en is opgelei om allerhande wapens te hanteer; ek het aan baie gewapende rooftogte deelgeneem. My lewe was voortdurend in gevaar. Mettertyd het dit duidelik geword dat ons geen kans het om te wen nie. Ek was ’n gefrustreerde man, verslae deur die absolute hopeloosheid in die lewe. Toe het ’n Getuie ons besoek. Sy het my van God se Koninkryk vertel. Ek het volgehou dat dit ’n vermorsing van my tyd is en het voorgestel dat my vrou luister. Sy het, en ’n tuisbybelstudie is begin. Ek het uiteindelik ingestem om by te sit wanneer hulle studeer. Ek kan nie die gevoel van verligting beskryf wat ek ervaar het toe ek verstaan het wat die dryfkrag is wat die mens tot goddeloosheid aanspoor nie. Die wonderlike Koninkryksbelofte het my ’n aanmoedigende hoop en ’n doel in die lewe gegee.”

      5. Waarom bly Christene vreedsaam onderworpe aan die hoër owerhede, en tot wanneer sal dit die geval wees?

      5 Christene is ambassadeurs of gesante van God en van Christus (Jesaja 61:1, 2; 2 Korinthiërs 5:20, NW; Efesiërs 6:19, 20). As sodanig bly hulle neutraal in hierdie wêreld se konflikte. Selfs al lyk party politieke stelsels ekonomies suksesvoller as ander, en al laat hierdie stelsels meer vryheid as ander toe, bevorder of beskou Christene nie een stelsel as beter as ’n ander nie. Hulle weet dat alle stelsels onvolmaak is. Dit is “die instelling van God” dat hulle bly voortbestaan tot sy Koninkryk oorneem (Daniël 2:44). Christene bly derhalwe vreedsaam onderworpe aan die hoër owerhede terwyl hulle die ewigdurende welsyn van ander bevorder deur die goeie nuus van die Koninkryk aan hulle te verkondig.—Mattheüs 24:14; 1 Petrus 3:11, 12.

  • Die rol van die hoër owerhede
    Die Wagtoring – 1990 | November 1
    • 7. As iemand die wet breek, wie het die reg om hom te straf, en waarom?

      7 Die meeste regerings sou sê dat dit ook die doel van hulle wette is: om die welsyn van burgers en goeie orde in die gemeenskap te bevorder. Daarom straf hulle antisosiale dade, soos moord en diefstal, en lê hulle regulasies neer, soos snelheidsgrense en parkeerreëls. Enigiemand wat hulle wette opsetlik breek, weerstaan die gesag en “sal hulle oordeel ontvang”. Wie sal hulle oordeel? Nie noodwendig God nie. Die Griekse woord wat hier as oordeel vertaal is, kan na burgerlike regsvordering verwys, pleks van oordele deur Jehovah. (Vergelyk 1 Korinthiërs 6:7.) As enigiemand onwettig optree, het die hoër owerheid die reg om hom te straf.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel