-
Hoe om goeie besluite te maakGeniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
5. Respekteer ander se gewete
Verskillende mense sal verskillende besluite maak. Hoe kan ons wys dat ons ander se gewete respekteer? Kyk na twee situasies:
Situasie 1: ’n Suster wat daarvan hou om grimering te dra, trek na ’n gemeente toe waar dit baie susters pla wanneer hulle iemand sien wat grimering dra.
Lees Romeine 15:1 en 1 Korintiërs 10:23, 24, en bespreek dan hierdie vrae:
Wat sal daardie suster dalk besluit nadat sy hierdie verse gelees het? Wat sal jy doen as jy saam met iemand is wie se gewete hom laat voel dat dit verkeerd is om iets te doen wat jou gewete jou toelaat om te doen?
Situasie 2: ’n Broer weet dat die Bybel nie sê dat dit verkeerd is om alkohol te drink nie, maar hy kies om nie enige alkohol te drink nie. Hy word genooi om saam met broers te kuier, en hy sien dat hulle alkohol drink.
Lees Prediker 7:16 en Romeine 14:1, 10, en bespreek dan hierdie vrae:
Wat sal hierdie broer dalk besluit nadat hy hierdie verse gelees het? Wat sal jy doen as jy sien dat iemand anders iets doen wat jou gewete jou nie toelaat om te doen nie?
Wat sal jou help om goeie besluite te maak?
1. Vra Jehovah om jou te help om te besluit wat om te doen. – Jakobus 1:5.
2. Doen navorsing in die Bybel en Bybelpublikasies om beginsels te kry wat jou kan help. Jy kan ook raad vra by broers en susters wat ’n sterk verhouding met Jehovah het.
3. Dink aan die uitwerking wat die besluit op jou gewete en op ander se gewete sal hê.
-
-
Hoekom ons kleredrag en voorkoms saak maakGeniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
2. Hoe kan ons voorkoms ons broers en susters affekteer?
Al kan ons self kies wat ons dra, moet ons dink aan hoe ons voorkoms ander dalk kan affekteer. Ons probeer ons bes om niemand aanstoot te gee nie, maar eerder om “ons naaste te bevoordeel sodat ons hom kan opbou”. – Lees Romeine 15:1, 2.
-