-
Christen- ouer manne—‘Medewerkers vir ons vreugde’Die Wagtoring — 2013 | Januarie 15
-
-
6, 7. (a) Wat is een manier waarop ouer manne Jesus, Paulus en ander knegte van God kan navolg? (b) Waarom dra dit tot ons broers se vreugde by as ons hulle name onthou?
6 Baie van ons broers en susters sê dat hulle vreugde vergroot word wanneer ouer manne persoonlike belangstelling in hulle toon. Een manier waarop ouer manne dit doen is deur die voorbeeld te volg wat gestel is deur Dawid, Elihu en Jesus self. (Lees 2 Samuel 9:6; Job 33:1; Lukas 19:5.) Elkeen van hierdie knegte van Jehovah het opregte belangstelling in iemand anders getoon deur die persoon se naam te gebruik. Paulus het ook die belangrikheid daarvan besef om medegelowiges se name te onthou en te gebruik. Hy het een van sy briewe afgesluit deur meer as 25 broers en susters by name te groet, insluitende Persis, ’n Christensuster van wie Paulus gesê het: “Groet Persis, ons geliefde.”—Rom. 16:3-15.
-
-
Christen- ouer manne—‘Medewerkers vir ons vreugde’Die Wagtoring — 2013 | Januarie 15
-
-
8. Wat was ’n belangrike manier waarop Paulus Jehovah en Jesus se voorbeeld gevolg het?
8 Paulus het ook sy belangstelling in ander getoon deur hulle opreg te prys, wat nog ’n manier is om die vreugde van medegelowiges te vergroot. In dieselfde brief waarin Paulus sy begeerte uitgespreek het om ter bevordering van sy broers se vreugde te werk, het hy dus geskryf: “Ek roem grootliks met betrekking tot julle” (2 Kor. 7:4). Hierdie woorde van lof het die broers in Korinte se harte ongetwyfeld diep geraak. Paulus het soortgelyke gevoelens aan ander gemeentes uitgespreek (Rom. 1:8; Fil. 1:3-5; 1 Tess. 1:8). Trouens, nadat Paulus Persis genoem het in sy brief aan die gemeente in Rome, het hy bygevoeg: “Sy het baie in die Here gearbei” (Rom. 16:12). Hoe bemoedigend moes hierdie kompliment tog vir daardie getroue suster gewees het! Deur ander te prys, het Paulus die voorbeeld gevolg wat Jehovah sowel as Jesus gestel het.—Lees Markus 1:9-11; Johannes 1:47; Op. 2:2, 13, 19.
-