-
Leer uit ‘die raamwerk van die waarheid’Die Wagtoring — 2012 | Januarie 15
-
-
Leer uit ‘die raamwerk van die waarheid’
“[Julle het] die raamwerk van die kennis en van die waarheid in die Wet.”—ROM. 2:20.
-
-
Leer uit ‘die raamwerk van die waarheid’Die Wagtoring — 2012 | Januarie 15
-
-
1. Waarom moet ons daarin belangstel om die betekenis van die Mosaïese Wet te verstaan?
AS ONS nie die geïnspireerde geskrifte van die apostel Paulus gehad het nie, sou dit vir ons moeilik gewees het om die betekenis van baie aspekte van die Mosaïese Wet te verstaan. In sy brief aan die Hebreërs verduidelik hy byvoorbeeld hoe Jesus as ’n “getroue hoëpriester” eens en vir altyd ’n “soenoffer” kon bring, wat dit vir diegene wat geloof daarin beoefen, moontlik maak om “’n ewige verlossing” te verkry (Heb. 2:17; 9:11, 12). Paulus het verduidelik dat die tabernakel net “’n skaduwee van die hemelse dinge” was en dat Jesus die Middelaar geword het van “’n beter verbond” as die een waarvan Moses die middelaar was (Heb. 7:22; 8:1-5). In Paulus se dag was hierdie verduidelikings van die Wet vir Christene van onskatbare waarde, en dit is nog steeds die geval. Dit help ons om ’n beter begrip te verkry van hoe waardevol die voorsienings is wat God vir ons gemaak het.
2. Watter voordeel het Joodse Christene bo nie-Jode gehad?
2 Toe Paulus aan Christene in Rome geskryf het, het hy party van sy opmerkings aan gemeentelede gerig wat van Joodse afkoms was en wat in die Mosaïese Wet onderrig is. Hy het erken dat hulle, weens hulle vertroudheid met hierdie goddelike Wet, die voordeel gehad het om ’n “raamwerk van die kennis en van die waarheid” aangaande Jehovah en sy regverdige beginsels te hê. ’n Begrip van hierdie ‘raamwerk van die waarheid’ en ’n hartgrondige respek daarvoor het Joodse Christene, soos getroue Jode voor hulle, in staat gestel om diegene wat onkundig was omtrent die Wet wat Jehovah aan sy volk gegee het, te rig, te leer en te verlig.—Lees Romeine 2:17-20.
’N SKADUWEE VAN JESUS SE OFFERANDE
3. Hoe vind ons baat by ’n studie van Joodse offerandes in die ou tyd?
3 Die raamwerk van die waarheid waarna Paulus verwys het, is nog steeds belangrik as ons Jehovah se voornemens wil verstaan. Die beginsels agter die Mosaïese Wet is geensins minder betekenisvol of waardevol nie. Met dit in gedagte gaan ons net een aspek van hierdie Wet bespreek—hoe verskillende offerandes en offergawes nederige Jode na Christus gelei het en hulle gehelp het om te verstaan wat God van hulle vereis. En aangesien Jehovah se basiese vereistes vir sy knegte nooit verander nie, sal ons ook sien dat God se wette aan die Israeliete aangaande offerandes en offergawes ons kan help om die gehalte van ons heilige diens te ontleed.—Mal. 3:6.
-