-
Sal jou werk die vuur deurstaan?Die Wagtoring – 1998 | November 1
-
-
13. Wat beeld die vuur in Paulus se illustrasie af, en waarvan moet alle Christene bewus wees?
13 Daar is ’n vuur waarvoor ons almal in die lewe te staan kom—toetse van ons geloof (Johannes 15:20; Jakobus 1:2, 3). Die Christene in Korinte moes besef, net soos ons vandag moet besef, dat almal aan wie ons die waarheid leer, getoets sal word. As ons swak onderrigters is, kan daar droewige gevolge wees. Paulus het gewaarsku: “As iemand se werk wat hy daarop gebou het, bly staan, sal hy ’n beloning ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy verlies ly, maar hy self sal gered word; en tog, as dit gebeur, sal dit wees soos deur vuur heen.”c—1 Korintiërs 3:14, 15.
14. (a) Hoe kan Christendissipelmakers “verlies ly”, maar hoe kan hulle redding soos deur vuur heen verkry? (b) Hoe kan ons die gevaar van verlies tot ’n minimum beperk?
14 Dit is inderdaad ernstige woorde! Dit kan baie pynlik wees as jy hard gewerk het om iemand te help om ’n dissipel te word en dan te sien hoe die persoon voor versoeking of vervolging swig en op die ou end die weg van die waarheid verlaat. Paulus erken dit wanneer hy sê dat ons in sulke gevalle verlies ly. Die ondervinding kan so pynlik wees dat ons redding beskryf word as iets wat “soos deur vuur heen” plaasgevind het—soos ’n man wat alles in ’n brand verloor het en self ternouernood gered is. Hoe kan ons die gevaar van verlies tot ’n minimum beperk? Bou met duursame materiaal! As ons ons studente leer met die doel om hulle hart te bereik, sodat hulle beweeg word om kosbare Christelike eienskappe soos wysheid, onderskeidingsvermoë, die vrees van Jehovah en ware geloof te waardeer, bou ons met duursame, vuurvaste materiaal (Psalm 19:10, 11; Spreuke 3:13-15; 1 Petrus 1:6, 7). Diegene wat hierdie eienskappe aankweek, sal voortgaan om God se wil te doen; hulle het die vaste hoop om vir ewig te lewe (1 Johannes 2:17). Maar hoe kan ons Paulus se illustrasie prakties toepas? Kom ons kyk na ’n paar voorbeelde.
-
-
Sal jou werk die vuur deurstaan?Die Wagtoring – 1998 | November 1
-
-
Wie is verantwoordelik?
18. Waarom is dit nie noodwendig diegene wat ’n dissipel probeer leer en oplei se skuld wanneer hy heilsame onderrigting verwerp nie?
18 Hierdie bespreking laat ’n belangrike vraag ontstaan. As ons iemand probeer help, en hy dwaal van die waarheid af, beteken dit dat ons as onderrigters misluk het—dat ons met minderwaardige materiaal gebou het? Nie noodwendig nie. Paulus se woorde herinner ons wel dat dit ’n groot verantwoordelikheid is om aan die dissipelmaakwerk deel te neem. Ons wil alles in ons vermoë doen om deeglik te bou. Maar God se Woord sê nie vir ons dat ons die volle verantwoordelikheid op ons moet neem en belas moet word met skuldgevoelens wanneer diegene vir wie ons probeer help van die waarheid afdwaal nie. Behalwe ons eie rol as bouers is daar ander faktore wat in ag geneem moet word. Let byvoorbeeld op wat Paulus selfs aangaande die onderrigter sê wat hom nie goed van sy taak kwyt in hierdie bouwerk nie: “Hy [sal] verlies ly, maar hy self sal gered word” (1 Korintiërs 3:15). Tot watter slotsom moet ons kom as hierdie persoon uiteindelik redding kan verkry—terwyl die Christelike persoonlikheid wat hy in sy student probeer opbou het as ’t ware deur ’n vuurproef “verbrand” is? Ongetwyfeld dat Jehovah die student hoofsaaklik verantwoordelik hou vir sy eie besluite of hy ’n getroue weg sal volg al dan nie.
-
-
Sal jou werk die vuur deurstaan?Die Wagtoring – 1998 | November 1
-
-
c Paulus het nie twyfel oor die redding van die bouer nie, maar oor die bouer se “werk” gewek. In The New English Bible sê hierdie vers: “As ’n man se gebou staan, sal hy beloon word; as dit verbrand, sal hy die verlies moet dra; en tog sal hy met sy lewe daarvan afkom, soos deur ’n vuur heen.”
-