Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die Here se Aandmaal—Hoe dikwels moet dit gevier word?
    Die Wagtoring – 1994 | Maart 15
    • Hou ook in gedagte dat Jesus hierdie viering op 14 Nisan, volgens die Joodse kalender, ingestel het en toe op daardie dag gesterf het.a Dit was die dag van die Pasga, ’n fees wat die Jode herinner het aan hulle groot verlossing uit Egipte in die 16de eeu v.G.J. Deur ’n lam te offer, is die redding van die Joodse eersgeborenes destyds bewerkstellig, terwyl Jehovah se engel al die eersgeborenes van Egipte om die lewe gebring het.—Exodus 12:21, 24-27.

      Hoe help hierdie feite ons? Wel, die Christenapostel Paulus het geskryf: “Ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus” (1 Korinthiërs 5:7). Jesus se dood was ’n groter Pasga-offer, wat die mensdom die geleentheid op ’n veel groter redding bied. Vir Christene het die herdenking van Christus se dood dus die Joodse Pasga vervang.—Johannes 3:16.

      Die Pasga was ’n jaarlikse viering. Die Gedenkmaal is dus logieserwys ook ’n jaarlikse viering. Die Pasga—die dag waarop Jesus gesterf het—het altyd op die 14de dag van die Joodse maand Nisan geval. Christus se dood moet derhalwe een keer per jaar herdenk word op die kalenderdag wat met 14 Nisan ooreenstem. In 1994 val daardie dag op Saterdag, 26 Maart, ná sononder. Maar waarom het die kerke van die Christendom nie hierdie dag vir ’n spesiale viering opsy gesit nie? ’n Vlugtige kykie na die geskiedenis sal hierdie vraag beantwoord.

  • Die Here se Aandmaal—Hoe dikwels moet dit gevier word?
    Die Wagtoring – 1994 | Maart 15
    • a  Nisan, die eerste maand van die Joodse kalender, het met die eerste verskyning van die nuwemaan begin. Die veertiende Nisan het dus altyd op volmaan geval.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel