Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jongmense, kies om Jehovah te dien
    Die Wagtoring – 2006 | Julie 1
    • Vandag geen outomatiese toewyding nie

      3, 4. Wat kan kinders van toegewyde ouers help om hulle vrywillig toe te wy?

      3 Die Bybel toon dat God jong kinders as heilig beskou, al is net een van hulle ouers ’n getroue Christen (1 Korintiërs 7:14). Maak dit sulke kinders toegewyde knegte van Jehovah? Nee. Kinders wat grootgemaak word deur ouers wat aan Jehovah toegewy is, ontvang egter opleiding wat daardie kinders kan help om hulle vrywillig aan Jehovah toe te wy. Wyse koning Salomo het geskryf: “Bewaar, o my seun, die gebod van jou vader, en moenie die wet van jou moeder verlaat nie. . . . Wanneer jy rondloop, sal dit jou lei; wanneer jy gaan lê, sal dit oor jou wag hou; en wanneer jy wakker geword het, sal dit al sy aandag aan jou gee. Want die gebod is ’n lamp en die wet is ’n lig, en die teregwysings van dissipline is die weg van die lewe.”—Spreuke 6:20-23.

  • Jongmense, kies om Jehovah te dien
    Die Wagtoring – 2006 | Julie 1
    • Aanvaar julle verantwoordelikheid

      12. (a) Hoewel ouers hulle kinders kan oplei, wat kan hulle nie namens hulle doen nie? (b) Wanneer word ’n jongmens voor Jehovah verantwoordelik vir die keuses wat hy maak?

      12 Die tyd gaan kom wanneer julle as jongmense nie meer deur die getrouheid van julle ouers beskerm sal word nie (1 Korintiërs 7:14). Die dissipel Jakobus het geskryf: “As iemand . . . weet hoe om te doen wat reg is en dit tog nie doen nie, is dit vir hom ’n sonde” (Jakobus 4:17). Ouers kan God net so min namens hulle kinders dien as wat kinders God namens hulle ouers kan dien (Esegiël 18:20). Het jy omtrent Jehovah en sy voornemens geleer? Is jy oud genoeg om te verstaan wat jy geleer het en om ’n persoonlike verhouding met hom aan te kweek? Sou dit dan nie redelik wees om te dink dat God jou sal beskou as iemand wat kan besluit om hom te dien nie?

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel