Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe om goeie besluite te maak
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 5. Respekteer ander se gewete

      Verskillende mense sal verskillende besluite maak. Hoe kan ons wys dat ons ander se gewete respekteer? Kyk na twee situasies:

      Situasie 1: ’n Suster wat daarvan hou om grimering te dra, trek na ’n gemeente toe waar dit baie susters pla wanneer hulle iemand sien wat grimering dra.

      Lees Romeine 15:1 en 1 Korintiërs 10:23, 24, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Wat sal daardie suster dalk besluit nadat sy hierdie verse gelees het? Wat sal jy doen as jy saam met iemand is wie se gewete hom laat voel dat dit verkeerd is om iets te doen wat jou gewete jou toelaat om te doen?

      Situasie 2: ’n Broer weet dat die Bybel nie sê dat dit verkeerd is om alkohol te drink nie, maar hy kies om nie enige alkohol te drink nie. Hy word genooi om saam met broers te kuier, en hy sien dat hulle alkohol drink.

      Lees Prediker 7:16 en Romeine 14:1, 10, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Wat sal hierdie broer dalk besluit nadat hy hierdie verse gelees het? Wat sal jy doen as jy sien dat iemand anders iets doen wat jou gewete jou nie toelaat om te doen nie?

      Wat sal jou help om goeie besluite te maak?

      ’n Vrou bid.

      1. Vra Jehovah om jou te help om te besluit wat om te doen. – Jakobus 1:5.

      Dieselfde vrou gebruik die Bybel, Bybelpublikasies en ’n rekenaar om navorsing te doen.

      2. Doen navorsing in die Bybel en Bybelpublikasies om beginsels te kry wat jou kan help. Jy kan ook raad vra by broers en susters wat ’n sterk verhouding met Jehovah het.

      Dieselfde vrou dink.

      3. Dink aan die uitwerking wat die besluit op jou gewete en op ander se gewete sal hê.

  • Hoe kan jou gesin gelukkig wees? – Deel 1
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 6. Jy kan probleme in jou huwelik oorkom

      Geen huwelik is perfek nie. Daarom moet paartjies saamwerk om probleme te oorkom. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

      VIDEO: Hoe om julle huwelik sterker te maak (5:44)

      • Wat was ’n paar tekens dat die paartjie in die video besig was om van mekaar af weg te dryf?

      • Watter dinge het hulle gedoen om hulle huwelik sterker te maak?

      Lees 1 Korintiërs 10:24 en Kolossense 3:13. Nadat elke vers gelees is, bespreek hierdie vraag:

      • Hoe kan hierdie raad ’n huwelik sterker maak?

      Die Bybel sê dat ons mekaar moet eer. Om iemand te eer, sluit in dat ons daardie persoon op ’n liefdevolle en respekvolle manier behandel. Lees Romeine 12:10, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Moet mans of vrouens wag dat hulle huweliksmaat hulle eerste eer? Hoekom, of hoekom nie?

  • Hoekom ons kleredrag en voorkoms saak maak
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Ons almal hou daarvan om te kies watter klere ons wil dra en hoe ons wil lyk. As ons ’n paar eenvoudige Bybelbeginsels volg, kan ons klere dra waarvan ons hou en Jehovah ook gelukkig maak. Kom ons kyk na ’n paar van hierdie beginsels.

      1. Watter beginsels moet ons volg wanneer dit kom by ons kleredrag en ons voorkoms?

      Ons moet “gepaste klere . . . met beskeidenheid en gesonde verstand” kies, en ons klere moet altyd skoon wees sodat ander kan sien dat ons “aan God toegewyd is” (1 Timoteus 2:9, 10). Kyk na hierdie vier beginsels: (1) Ons kleredrag moet ‘gepas’ wees. Jy het seker al by die vergadering gesien dat Jehovah se aanbidders op verskillende maniere aantrek, maar ons kleredrag en haarstyle wys altyd dat ons die God wat ons aanbid, respekteer. (2) Om “met beskeidenheid” aan te trek, beteken dat ons nie seksueel uitlokkende klere sal dra nie, en ook nie klere wat te veel aandag trek nie. (3) Ons wys dat ons “gesonde verstand” het wanneer ons nie elke styl of mode volg wat gewild word nie. (4) Ons voorkoms moet altyd wys dat ons “aan God toegewyd is” sodat ander maklik kan sien dat ons die ware God aanbid. – 1 Korintiërs 10:31.

      2. Hoe kan ons voorkoms ons broers en susters affekteer?

      Al kan ons self kies wat ons dra, moet ons dink aan hoe ons voorkoms ander dalk kan affekteer. Ons probeer ons bes om niemand aanstoot te gee nie, maar eerder om “ons naaste te bevoordeel sodat ons hom kan opbou”. – Lees Romeine 15:1, 2.

      3. Hoe kan ons voorkoms ander na ware aanbidding trek?

      Ons probeer altyd om reg aan te trek vir elke geleentheid, maar ons is veral versigtig wanneer dit kom by hoe ons aantrek wanneer ons vergaderinge bywoon en velddiens doen. Ons wil seker maak dat mense se aandag nie van die goeie nuus afgelei word as gevolg van hoe ons lyk nie. Ons wil eerder hê dat ons voorkoms mense na God toe trek en “die leringe van ons Redder . . . versier”. – Titus 2:10.

      SOEK DIEPER

      Kyk hoe ons seker kan maak dat ons kleredrag en voorkoms gepas is vir ons as Christene.

      Twee mans staan voor ’n regter. Een man dra ’n besigheidspak, en die ander man dra geskeurde, informele klere en ’n bofbalpet.

      Ons voorkoms kan wys of ons mense in gesagsposisies respekteer. Al sien Jehovah wat in ons hart is, moet ons voorkoms ook wys dat ons hom respekteer

      4. ’n Goeie voorkoms wys dat ons Jehovah respekteer

      Wat is die belangrikste rede hoekom ons moet omgee hoe ons lyk? Lees Psalm 47:2, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe moet die feit dat ons Jehovah verteenwoordig, ons kleredrag affekteer?

      • Dink jy dat dit regtig nodig is dat ons moet omgee hoe ons lyk wanneer ons vergaderinge bywoon en velddiens doen? Hoekom, of hoekom nie?

      5. Hoe om goeie besluite oor ons kleredrag en voorkoms te maak

      Speel die VIDEO.

      VIDEO: “Doen alles tot eer van God” (10:18)

      Of ons klere nou duur of goedkoop is, dit moet skoon en gepas wees vir die spesifieke situasies waarin ons is. Lees 1 Korintiërs 10:24 en 1 Timoteus 2:9, 10. Bespreek dan hoekom ons nie klere wil dra wat . . .

      • nie skoon of netjies is nie.

      • styf, kaal of seksueel uitlokkend is nie.

      Christene hoef nie die Wet van Moses te volg nie, maar hulle kan baie daaruit leer oor hoe Jehovah dink. Lees Deuteronomium 22:5, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoekom moet ons nie klere dra of dinge met ons voorkoms doen wat mans soos vrouens laat lyk of vrouens soos mans laat lyk nie?

      Lees 1 Korintiërs 10:32, 33 en 1 Johannes 2:15, 16, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoekom moet ons omgee of ons voorkoms party mense in ons gebied of in die gemeente aanstoot sal gee?

      • Watter style is algemeen waar jy bly wanneer dit kom by mense se kleredrag en voorkoms?

      • Dink jy dat party van hierdie style dalk nie gepas sal wees vir ’n Christen nie? Hoekom, of hoekom nie?

      Ons almal kan self besluit wat ons wil dra en hoe ons wil lyk en Jehovah nog steeds gelukkig maak

      Mans en vrouens van verskillende ouderdomme, rasse en agtergronde dra verskillende haarstyle en klere wat gepas is vir Christene.

      PARTY MENSE SÊ: “Ek het die reg om enige iets te dra wat ek wil.”

      • Stem jy saam? Hoekom, of hoekom nie?

      WAT ONS GELEER HET

      Wanneer ons goeie besluite oor ons kleredrag en voorkoms maak, wys ons dat ons Jehovah en ander respekteer.

      Hersiening

      • Hoekom is ons kleredrag en voorkoms vir Jehovah belangrik?

      • Wat is ’n paar beginsels wat ons moet help om besluite te maak oor ons kleredrag en voorkoms?

      • Hoe kan ons kleredrag en voorkoms die manier affekteer waarop ander ware aanbidding beskou?

      Doelwit

      LEER MEER

      Kyk wat ander dalk van jou dink wanneer hulle sien watter klere jy dra.

      “Hoe lyk ek?” (Web-artikel)

      Hoekom is dit goed om mooi te dink voordat jy ’n tatoeëermerk kry?

      “Wat sê die Bybel oor tatoeëring?” (Web-artikel)

      Kyk na Bybelbeginsels wat jou kan help om ’n gebalanseerde beskouing te hê van hoe jy lyk.

      Hoekom is ek so bekommerd oor hoe ek lyk? (4:29)

      Vind uit hoe ’n vrou wat God gelukkig wou maak, geleer het om ander se besluite oor kleredrag te aanvaar.

      “Kleredrag en persoonsversorging was my struikelblok” (Ontwaak!, 22 Desember 2003)

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel