Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 2003 | Januarie 1
    • Vrae van lesers

      Wat het Paulus bedoel toe hy gesê het: “So dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink”?

      Paulus het na die herdenking van Jesus se dood verwys en geskryf: “So dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, hou julle aan om die dood van die Here te verkondig, totdat hy kom” (1 Korintiërs 11:25, 26). Party meen dat die woord “dikwels” hier te kenne gee dat Christus se dood gereeld, oftewel baie keer, gevier moet word. Daarom vier hulle dit meer as een keer per jaar. Is dit wat Paulus bedoel het?

      Dit is nou byna 2 000 jaar sedert Jesus die herdenking van sy dood ingestel het. Al word die Gedenkmaal selfs net een keer per jaar gevier, beteken dit nog steeds dat dit sedert 33 G.J. dikwels gevier is. Maar in die konteks van 1 Korintiërs 11:25, 26 het Paulus bespreek hoe die Gedenkmaal gehou moet word en nie hoe dikwels nie. In die oorspronklike Grieks het hy nie die woord pol·laʹkis gebruik, wat “dikwels” of “gereeld” beteken nie. Hy het eerder die woord ho·saʹkis gebruik, wat “so dikwels as” beteken, ’n idioom wat “wanneer ook al”, “elke keer as” beteken. Paulus het gesê: ‘Elke keer as julle dit doen, hou julle aan om die dood van die Here te verkondig.’a

  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring – 2003 | Januarie 1
    • a Vergelyk die verslag in 1 Samuel 1:3, 7. Hier verwys “elke keer as” (in die moderne vertaling van die Hebreeus) na gebeure wat “jaar na jaar”, of een keer per jaar, plaasgevind het, wanneer Elkana en sy twee vrouens na die tabernakel in Silo gegaan het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel