-
Die weg van die liefde faal nooit nieDie Wagtoring – 1999 | Februarie 15
-
-
4. Wat leer die Bybel ons oor jaloesie?
4 Ná Paulus se openingskommentare oor liefde het hy aan die Korintiërs geskryf: “Die liefde is nie jaloers nie” (1 Korintiërs 13:4). Jaloesie kan sy kop uitsteek in die vorm van afgunstige misnoeë oor die welvaart of prestasies van ander. Sulke jaloesie is verwoestend—fisies, emosioneel en geestelik.—Spreuke 14:30, NW; Romeine 13:13; Jakobus 3:14-16.
5. Hoe kan liefde ons help om jaloesie te oorkom wanneer dit lyk of ons vir die een of ander teokratiese voorreg oor die hoof gesien word?
5 Vra jou dan nou af: ‘Word ek jaloers wanneer dit lyk of ek vir die een of ander teokratiese voorreg oor die hoof gesien word?’ As jou antwoord ja is, moet jy nie moed verloor nie. Die Bybelskrywer Jakobus herinner ons daaraan dat alle onvolmaakte mense “’n neiging tot afguns” het (Jakobus 4:5). Liefde vir jou broer kan jou help om jou ewewig te herwin. Dit kan jou in staat stel om jou te verheug met diegene wat hulle verheug en nie gekrenk te voel wanneer iemand anders ’n seëning of ’n kompliment ontvang nie.—Vergelyk 1 Samuel 18:7-9.
6. Watter ernstige situasie het in die eerste-eeuse Korintiese gemeente ontstaan?
6 Paulus voeg by dat die liefde ‘nie grootpraat nie, nie opgeblase raak nie’ (1 Korintiërs 13:4). As ons die een of ander talent of vermoë het, hoef ons nie daarmee te spog nie. Dit was blykbaar ’n probleem met sommige ambisieuse manne wat in die eertydse Korintiese gemeente ingeglip het. Hulle het dalk uitgeblink in hulle vermoë om idees uiteen te sit of het ’n doeltreffender manier gehad om dinge te doen. Die feit dat hulle die aandag op hulleself gevestig het, het moontlik tot die verdeeldheid in die gemeente bygedra (1 Korintiërs 3:3, 4; 2 Korintiërs 12:20). Die situasie het so ernstig geword dat Paulus die Korintiërs later moes berispe omdat hulle ‘onredelikes verdra’ het, wat Paulus as “uitnemende apostels” veroordeel het.—2 Korintiërs 11:5, 19, 20.
7, 8. Toon uit die Bybel hoe ons enige aangebore talente kan gebruik om eenheid te bevorder.
7 ’n Soortgelyke situasie kan vandag ontstaan. Sommige is dalk geneig om oor hulle sukses in die bediening of hulle voorregte in God se organisasie te spog. Selfs al het ons ’n sekere vaardigheid of vermoë wat ander in die gemeente nie het nie, gee dit ons tog nie rede om opgeblase te raak nie, nie waar nie? Ons moet enige aangebore talent per slot van rekening gebruik om eenheid te bevorder—nie om die aandag op onsself te vestig nie.—Matteus 23:12; 1 Petrus 5:6.
8 Al het ’n gemeente baie lede, het “God die liggaam saamgestel”, het Paulus geskryf (1 Korintiërs 12:19-26). Die Griekse woord wat met “saamgestel” vertaal word, dui op harmonieuse samesmelting, soos wanneer kleure gemeng word. Niemand in die gemeente moet dus opgeblase oor sy vermoëns voel en ander probeer oorheers nie. Daar is geen plek vir trots en ambisie in God se organisasie nie.—Spreuke 16:19; 1 Korintiërs 14:12; 1 Petrus 5:2, 3.
-
-
Die weg van die liefde faal nooit nieDie Wagtoring – 1999 | Februarie 15
-
-
11. (a) Hoe kan ons liefde betoon wat goedhartig sowel as welvoeglik is? (b) Hoe kan ons toon dat ons ons nie oor onregverdigheid verheug nie?
11 Paulus het ook geskryf dat die liefde “goedhartig” is en ‘hom nie onwelvoeglik gedra nie’ (1 Korintiërs 13:4, 5). Ja, die liefde sal ons nie toelaat om onbeskof, vulgêr of oneerbiedig te wees nie. Ons sal eerder ander se gevoelens in ag neem. ’n Liefdevolle persoon sal byvoorbeeld nie dinge doen wat ander se gewete sal pla nie. (Vergelyk 1 Korintiërs 8:13.) Die liefde “verheug hom nie oor onregverdigheid nie, maar verheug hom met die waarheid” (1 Korintiërs 13:6). As ons Jehovah se wet liefhet, sal ons nie onsedelikheid deur die vingers sien of vermaak word deur dinge wat God haat nie (Psalm 119:97). Liefde sal ons help om eerder vreugde te put uit dinge wat opbou as uit dinge wat afbreek.—Romeine 15:2; 1 Korintiërs 10:23, 24; 14:26.
-
-
Die weg van die liefde faal nooit nieDie Wagtoring – 1999 | Februarie 15
-
-
16. Onder watter omstandighede kan liefde ons help om lankmoedig te wees?
16 Paulus sê dan vir ons dat ‘die liefde lankmoedig is’ (1 Korintiërs 13:4). Dit stel ons in staat om beproewende omstandighede, miskien oor ’n lang tyd, te verduur. Baie Christene het byvoorbeeld jare lank in ’n godsdienstig verdeelde huis gewoon. Ander is ongetroud, nie omdat hulle dit so verkies nie, maar omdat hulle nie ’n geskikte huweliksmaat “in die Here” kan vind nie (1 Korintiërs 7:39; 2 Korintiërs 6:14). Dan is daar diegene wat deur slepende gesondheidsprobleme geteister word (Galasiërs 4:13, 14; Filippense 2:25-30). In hierdie onvolmaakte stelsel is daar werklik niemand wat nie met ’n situasie in die lewe te kampe het wat die een of ander vorm van volharding vereis nie.—Matteus 10:22; Jakobus 1:12.
-