-
Die grootste hiervan is die liefde”Die Wagtoring – 1990 | November 15
-
-
Die grootste hiervan is die liefde”
“En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.”—1 KORINTHIËRS 13:13.
1. Wat het ’n antropoloog oor liefde gesê?
EEN van die wêreld se vernaamste antropoloë het eenkeer gesê: “Ons verstaan vir die eerste keer in die geskiedenis van ons spesie dat die behoefte aan liefde die belangrikste van alle basiese sielkundige behoeftes van die mens is. Dit is die spil van alle mensebehoeftes net soos ons son die spil is van ons sonnestelsel met die planete wat daarom wentel. . . . Die kind wat nie liefde ontvang het nie, is biochemies, fisiologies en sielkundig baie anders as die kind wat liefde ontvang het. Eersgenoemde groei selfs anders as laasgenoemde. Wat ons nou weet is dat die mens gebore is om te lewe asof lewe en liefde een begrip is. Dit is natuurlik nie ’n nuwe gedagte nie. Dit is ’n bevestiging van die Bergpredikasie.”
2. (a) Hoe het die apostel Paulus die belangrikheid van liefde getoon? (b) Watter vrae moet ons nou bespreek?
2 Ja, soos hierdie man met wêreldse geleerdheid toegegee het, hierdie waarheid oor die belangrikheid van liefde vir die mens se welsyn is nie iets nuuts nie. Hoewel wêreldse geleerdes dit dalk nou eers besef, het dit meer as 19 eeue gelede in God se Woord verskyn. Dit is waarom die apostel Paulus kon skryf: “En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde” (1 Korinthiërs 13:13). Weet jy waarom liefde groter as geloof en hoop is? Waarom kan daar gesê word dat liefde die grootste van God se eienskappe en van die vrugte van sy gees is?
-
-
Die grootste hiervan is die liefde”Die Wagtoring – 1990 | November 15
-
-
7. Watter soort liefde is a·gaʹpe, en hoe is hierdie liefde betoon?
7 Watter Griekse woord het Paulus gebruik in 1 Korinthiërs 13:13, waar hy geloof, hoop en liefde gemeld het en gesê het: “Die grootste hiervan is die liefde”? Hier is die woord a·gaʹpe, dieselfde woord wat die apostel Johannes gebruik het toe hy gesê het: “God is liefde” (1 Johannes 4:8, 16). Dit is ’n liefde wat deur beginsel gelei of gerig word. Dit sluit nie noodwendig geneentheid en gehegtheid in nie, maar dit is ’n onselfsugtige emosie of gevoel wat ’n mens beweeg om aan ander goed te doen ongeag die ontvanger se verdienstelikheid of enige voordele wat die gewer ontvang. Hierdie soort liefde het God die kosbaarste skat van sy hart, sy eniggebore Seun, Jesus Christus, laat gee “sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Johannes 3:16). Paulus het ons so goed daaraan herinner: “Nouliks sal iemand vir ’n regverdige sterwe—vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe—maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5:7, 8). Ja, a·gaʹpe doen goed aan ander ongeag hulle status in die lewe of wat dit vereis van die persoon wat die liefde betoon.
Waarom groter as geloof en hoop?
8. Waarom is a·gaʹpe groter as geloof?
8 Maar waarom het Paulus gesê dat hierdie soort liefde (a·gaʹpe) groter as geloof is? Hy het in 1 Korinthiërs 13:2 geskryf: “Al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.” (Vergelyk Mattheüs 17:20.) Ja, as ons om ’n selfsugtige rede probeer om kennis op te doen en groter geloof te verkry, sal dit ons geensins in God se guns bring nie. Jesus het eweneens getoon dat party ‘in sy Naam sal profeteer, in sy Naam duiwels sal uitdryf en in sy Naam baie kragte sal doen’, maar nie sy goedkeuring sal wegdra nie.—Mattheüs 7:22, 23.
9. Waarom is liefde groter as hoop?
9 Waarom is die a·gaʹpe vorm van liefde ook groter as hoop? Omdat hoop egosentries kan wees, aangesien ’n mens hoofsaaklik besorg kan wees oor hoe voordelig dit vir jou is, terwyl liefde ‘nie sy eie belang soek nie’ (1 Korinthiërs 13:4, 5). Maar hoop—soos dié om deur die “groot verdrukking” tot in die nuwe wêreld te lewe—hou op wanneer die dinge waarop ons gehoop het verwesenlik word (Mattheüs 24:21). Soos Paulus sê: “Ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding” (Romeine 8:24, 25). Liefde verduur alle dinge en dit faal nooit nie (1 Korinthiërs 13:7, 8, NW). Onselfsugtige liefde (a·gaʹpe) is dus groter as geloof of hoop.
-