Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Bid voor ander met ’n nederige hart
    Die Wagtoring – 1986 | Mei 15
    • Paulus het ’n ander belangrike beginsel genoem toe hy geskryf het: “Want as ek in ’n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. . . . Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ’n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?” (1 Korinthiërs 14:14-16). In Paulus se dag het sekere Christene die wonderdadige gawe van tale ontvang, en blykbaar het sommige van hulle in hierdie tale voor die gemeente gebid. Maar soos Paulus getoon het, het die res van die gemeente hulle nie verstaan nie.

      Vandag het ons nie so ’n wonderdadige gawe nie. Maar Christene wat namens ander bid, moet op ’n verstaanbare manier bid. Aan die begin van ’n openbare toespraak nooi ons lede van die publiek byvoorbeeld om saam met ons te bid. In so ’n gebed is dit ongetwyfeld redelik om woorde of ’n onderwerp te vermy wat die besoekers nie sal verstaan nie.

  • Bid voor ander met ’n nederige hart
    Die Wagtoring – 1986 | Mei 15
    • [Venster op bladsy 22]

      Is dit gepas dat luisteraars aan die einde van ’n openbare gebed hoorbaar “Amen”sê?

      Ja, as hulle wil of gedwonge voel om dit te doen. Paulus het gepraat van die ‘Amen’ wat gesê word deur diegene wat na ’n gebed luister, hoewel hy nie spesifiek gesê het of dit hoorbaar, of stil in hulle hart was nie (1 Korinthiërs 14:16). Onder die Mosaïese Wet was daar egter ’n geleentheid toe die Israeliete uitdruklik beveel is om hardop “Amen” te sê (Deuteronomium 27:14-26). Wanneer die persoon wat bid dus die einde van sy gebed aandui deur “Amen” te sê, is dit gepas dat die luisteraars in hulle hart of hoorbaar met ’n sagte stem “Amen” sê. Ouers moet hulle kinders leer om die gepaste waardering te toon deur die manier waarop hulle ’n gedempte “Amen” sê.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel