Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wie sal deur Jehovah goedgekeur word?
    Die Wagtoring – 1988 | November 15
    • 14, 15. Watter soort mense, buiten gesalfde Christene, het vergaderinge in Korinthe bygewoon, en hoe het hulle moontlik verskil wat geestelike vordering betref?

      14 Die feit dat Christene verdraagsaam was teenoor diegene wat van God geleer het, blyk uit Paulus se kommentaar oor vergaderinge in Korinthe. In sy bespreking van die gebruik van wondergawes van die gees wat aanvanklik aangedui het dat die Christelike godsdiens God se seën geniet, het Paulus “gelowiges” en “ongelowiges” gemeld (1 Korinthiërs 14:22). “Gelowiges” was diegene wat Christus aanvaar het en gedoop is (Handelinge 8:13; 16:31-34). “Baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.”—Handelinge 18:8.

      15 Volgens 1 Korinthiërs 14:24 (NW) het ‘ongelowiges of gewone mense’ ook die vergaderinge in Korinthe bygewoon en is hulle daar verwelkom.c Hulle het waarskynlik teen verskillende tempo’s gevorder wat die bestudering en toepassing van God se Woord betref. Dalk het sommige steeds sonde beoefen. Ander het dalk ’n mate van geloof verkry, reeds veranderinge in hulle lewe aangebring en, selfs voor hulle doop, begin om vir ander te vertel wat hulle geleer het.

      16. Hoe kon sulke persone baat vind by omgang met Christene by gemeentevergaderinge?

      16 Sulke ongedoopte persone was natuurlik nie “in die Here” nie (1 Korinthiërs 7:39). As hulle in die verlede ernstige sedelike en geestelike foute begaan het, sou hulle hul begryplikerwys dalk eers na verloop van tyd na God se standaarde kon skik. Intussen was hulle welkom, solank hulle nie kwaadwillig probeer het om die geloof en reinheid van die gemeente te ondermyn nie. Wat hulle by die vergaderinge gesien en gehoor het, kon ‘hulle teregwys’ namate die ‘geheime van hulle hart aan die lig gekom het’.—1 Korinthiërs 14:21-25, vgl. NW; 2 Korinthiërs 6:14.

  • Wie sal deur Jehovah goedgekeur word?
    Die Wagtoring – 1988 | November 15
    • c “Die ἄπιστος (apistos, ‘ongelowige’), en ιδιώτης (idiōtēs, ‘persoon sonder begrip’, die ‘navraer’) val albei in die kategorie van ongelowiges, in teenstelling met diegene in die Christelike kerk wat gered is.”—The Expositor’s Bible Commentary, Deel 10, bladsy 275.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel