-
Help ander om God te aanbidDie Wagtoring – 1988 | November 15
-
-
“Indien . . . ’n ongelowige of gewone mens [inkom], . . . [word] die geheime van sy hart . . . openbaar, sodat hy op sy aangesig sal val en God sal aanbid.—1 KORINTHIËRS 14:24, 25, “NW”.
-
-
Help ander om God te aanbidDie Wagtoring – 1988 | November 15
-
-
Hoe om ‘ongelowiges en gewone mense’ te help
4. Hoe word baie vandag soos diegene in Korinthe gehelp?
4 Vandag gehoorsaam Jehovah se Getuies ook Jesus se bevel om ‘dissipels van al die nasies te maak en hulle te doop’ (Mattheüs 28:19). Nadat hulle saadjies van waarheid in ontvanklike harte geplant het, keer hulle terug en maak hulle dit nat (1 Korinthiërs 3:5-9; Mattheüs 13:19, 23). Die Getuies bied gratis, weeklikse tuisbybelstudies aan sodat mense antwoorde op hul vrae kan kry en Bybelwaarhede kan leer. Sulke individue word ook genooi om die plaaslike vergaderinge van Jehovah se Getuies by te woon, net soos eerste-eeuse “ongelowiges” dit in Korinthe bygewoon het. Maar hoe moet Jehovah se Getuies mense wat die Bybel bestudeer en vergaderinge bywoon, beskou?
5. Watter Skriftuurlike grondslag is daar vir behoedsaamheid in jou kontak met sekere individue?
5 Ons is verheug om te sien dat hulle tot God nader. Nietemin hou ons in gedagte dat hulle nog nie gedoopte gelowiges is nie. Onthou ook twee lesse wat op die vorige artikel gebaseer is. (1) Israeliete was op hulle hoede vir setlaars uit ander lande wat, hoewel hulle met God se volk omgegaan en sommige wette gehoorsaam het, nie besnede proseliete, broers in aanbidding, was nie. (2) Korinthiese Christene wat met ‘ongelowiges en gewone mense’ te doen gehad het, was waaksaam vanweë Paulus se woorde: “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid?”—2 Korinthiërs 6:14.
6. Hoe kan “ongelowiges” deur die vergaderinge “tereggewys” word, en watter soort teregwysing is dit?
6 Hoewel ons ‘ongelowiges en gewone mense’ verwelkom, is ons dus bewus van die feit dat hulle nog nie aan God se standaarde voldoen nie. Soos die Bybel in 1 Korinthiërs 14:24, 25 (NW) toon, moet sulke persone moontlik “noukeurig ondersoek”, selfs “tereggewys”, word deur wat hulle leer. Sulke teregwysing is nie regterlike teregwysing nie; hulle verskyn nie voor ’n regterlike komitee van die gemeente nie, aangesien hulle nog nie gedoopte gemeentelede is nie. Die dinge wat hierdie nuwelinge leer, oortuig hulle eerder dat God enige selfsug en onsedelikheid veroordeel.
-