-
‘Die dooies sal opgewek word’Die Wagtoring – 1998 | Julie 1
-
-
7. (a) Aan watter belangrike kwessie het Paulus aandag geskenk? (b) Wie het die verrese Jesus gesien?
7 In die eerste twee verse van 1 Korintiërs hoofstuk 15 sit Paulus die tema van sy bespreking uiteen: “Broers, ek maak julle dan nou die goeie nuus bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook ontvang het, waarin julle ook staan, waardeur julle ook gered word, . . . tensy julle natuurlik verniet gelowiges geword het.” As die Korintiërs versuim het om in die goeie nuus vas te staan, het hulle die waarheid tevergeefs aangeneem. Paulus sê voorts: “Ek het, as een van die eerste dinge, aan julle oorgedra wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het, volgens die Skrif; en dat hy begrawe is, ja, dat hy op die derde dag opgewek is, volgens die Skrif; en dat hy aan Sefas verskyn het, toe aan die twaalf. Daarna het hy aan meer as vyfhonderd broers tegelyk verskyn, waarvan die meeste nou nog lewe, maar party ontslaap het. Daarna het hy aan Jakobus verskyn, toe aan al die apostels; maar laaste van almal het hy ook aan my verskyn asof aan een wat te vroeg gebore is.”—1 Korintiërs 15:3-8.
-
-
‘Die dooies sal opgewek word’Die Wagtoring – 1998 | Julie 1
-
-
9 Christus het ook aan ’n groter groep, “meer as vyfhonderd broers”, verskyn. Aangesien dit slegs in Galilea was waar hy so baie volgelinge gehad het, was dit dalk by die geleentheid wat in Matteus 28:16-20 beskryf word, toe Jesus die bevel gegee het om dissipels te maak. Wat ’n kragtige getuienis kon hierdie persone tog gee! Sommige van hulle het nog in 55 G.J. gelewe toe Paulus hierdie eerste brief aan die Korintiërs geskryf het. Let egter op dat daar gesê is dat diegene wat gesterf het, “ontslaap” het, met ander woorde in die dood geslaap het. Hulle was nog nie opgewek om hulle hemelse beloning te ontvang nie.
-