Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ’n Teologiese dilemma
    Die Wagtoring – 1995 | Maart 1
    • Die Kategismus van die Katolieke Kerk sê: “Om saam met Christus opgewek te word, moet ons saam met Christus sterf: ons moet ‘weg van die liggaam af wees en by die Here woon’ [2 Korintiërs 5:8]. Met hierdie ‘vertrek’, wat die dood is, word die siel van die liggaam geskei [Filippense 1:23]. Dit sal met die liggaam herenig word op die dag wanneer die dooies ’n opstanding kry.” Maar sê die apostel Paulus in die tekste wat hier aangehaal word dat die siel ná die dood van die liggaam voortleef en dan op die “Laaste Oordeel” wag om met die liggaam herenig te word?

  • ’n Teologiese dilemma
    Die Wagtoring – 1995 | Maart 1
    • In 2 Korintiërs 5:8 sê Paulus: “Ons hou goeie moed en wil liewer van die liggaam afwesig raak en by die Here gaan woon.” Party glo dat hierdie woorde na ’n wagtydperk verwys. Hierdie mense verwys ook na Jesus se belofte aan sy getroue volgelinge dat hy ’n plek sou gaan voorberei waarin hy ‘hulle tuis by hom sal ontvang’. Maar wanneer sou sulke verwagtinge verwesenlik word? Christus het gesê dat dit sou wees wanneer hy in sy toekomstige teenwoordigheid ‘weer gekom het’ (Johannes 14:1-3). In 2 Korintiërs 5:1-10 het Paulus eweneens gesê dat alle gesalfde Christene die hoop het om ’n hemelse woning te beërwe. Dit sou nie deur die een of ander veronderstelde onsterflikheid van die siel plaasvind nie, maar deur ’n opstanding gedurende Christus se teenwoordigheid (1 Korintiërs 15:23, 42-44). Die skrifverklaarder Charles Masson kom tot die slotsom dat 2 Korintiërs 5:1-10 “dan goed verstaan kan word sonder om van die hipotese van ’n ‘tussenstadium’ gebruik te maak”.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel