Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deelgenote in die vertroosting wat Jehovah voorsien
    Die Wagtoring – 1996 | November 1
    • “Die God van alle vertroosting”

      5. Wat het Paulus ondervind saam met al die beproewinge wat hy deurgemaak het?

      5 Die apostel Paulus was ’n persoon wat groot waardering getoon het vir die vertroosting wat God verskaf. Ná ’n besonder moeilike tyd in Asië en Masedonië het hy baie verlig gevoel toe hy hoor dat die Korintiese gemeente goed op sy teregwysingsbrief gereageer het. Dit het hom beweeg om ’n tweede brief aan hulle te skryf, wat die volgende lofbetuiging bevat: “Geseënd sy die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van tere barmhartighede en die God van alle vertroosting, wat ons in al ons verdrukking vertroos.”—2 Korintiërs 1:3, 4.

      6. Wat leer ons uit Paulus se woorde in 2 Korintiërs 1:3, 4?

      6 Hierdie geïnspireerde woorde spreek boekdele. Kom ons ondersoek dit noukeurig. Wanneer Paulus lof of dank aan God betuig of in sy briewe ’n versoek tot hom rig, vind ons gewoonlik dat hy ook groot waardering vir Jesus, die Hoof van die Christengemeente, uitspreek (Romeine 1:8; 7:25; Efesiërs 1:3; Hebreërs 13:20, 21). Paulus rig derhalwe hierdie betuiging van lof aan “die God en Vader van ons Here Jesus Christus”. Dan gebruik hy vir die eerste keer in sy geskrifte ’n Griekse selfstandige naamwoord wat met “tere barmhartighede” vertaal word. Hierdie selfstandige naamwoord kom van ’n woord wat gebruik is om droefheid oor die lyding van ander uit te druk. Op dié manier beskryf Paulus God se tere gevoelens vir enige van Sy getroue knegte wat verdrukking ly—tere gevoelens wat God beweeg om op barmhartige wyse ten behoewe van hulle op te tree. Laastens het Paulus hom tot Jehovah gewend as die bron van hierdie begeerlike eienskap deur hom “die Vader van tere barmhartighede” te noem.

      7. Waarom kan daar gesê word dat Jehovah “die God van alle vertroosting” is?

      7 God se “tere barmhartighede” bring verligting vir die persoon wat verdrukking ly. Paulus gaan derhalwe voort om Jehovah as “die God van alle vertroosting” te beskryf. Ongeag hoeveel vertroosting ons dus uit die goedhartigheid van medegelowiges put, Jehovah is steeds die bron daarvan. Daar is geen ware, blywende vertroosting wat nie van God af kom nie. Daarbenewens is dit hy wat die mens in sy beeld geskep het, wat ons dus in staat stel om vertroosters te wees. En dit is God se heilige gees wat sy knegte beweeg om tere barmhartigheid te betoon aan diegene wat vertroosting nodig het.

  • Deelgenote in die vertroosting wat Jehovah voorsien
    Die Wagtoring – 1996 | November 1
    • 8. Al is God nie die bron van ons beproewinge nie, watter goeie uitwerking kan dit op ons hê as ons verdrukking verduur?

      8 Hoewel Jehovah God toelaat dat verskillende beproewinge oor sy getroue knegte kom, is hy nooit die bron van sulke beproewinge nie (Jakobus 1:13). Maar die vertroosting wat hy voorsien wanneer ons verdrukking verduur, kan ons leer om meer bewus te wees van ander se behoeftes. Met watter gevolg? “Sodat ons dié wat in enigerlei verdrukking is, kan vertroos deur die vertroosting waarmee ons self deur God vertroos word” (2 Korintiërs 1:4). Jehovah lei ons sodoende op om medegelowiges en diegene wat ons in ons bediening ontmoet op bekwame wyse met sy vertroosting te vertroos terwyl ons Christus navolg en ‘al die treurendes troos’.—Jesaja 61:2; Matteus 5:4.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel