-
Hoe om afgeskeie van die wêreld te bly‘Hou julle in God se liefde’
-
-
3. (a) Hoe het Jesus die politiek van sy dag beskou? (b) Waarom kan daar gesê word dat Jesus se gesalfde volgelinge as ambassadeurs dien? (Sluit voetnoot in.)
3 Jesus het nie aan die politiek van sy dag deelgeneem nie, maar het hom eerder daarop toegespits om te preek oor God se Koninkryk, die toekomstige hemelse regering waarvan hy die Koning sal wees (Daniël 7:13, 14; Lukas 4:43; 17:20, 21). Toe Jesus voor die Romeinse goewerneur Pontius Pilatus verskyn het, kon hy dus sê: “My koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie” (Johannes 18:36). Sy getroue volgelinge volg sy voorbeeld na deur lojaal te wees aan Christus en sy Koninkryk en deur daardie Koninkryk in die wêreld aan te kondig (Matteus 24:14). “Ons is dus ambassadeurs wat as plaasvervangers vir Christus optree”, het die apostel Paulus geskryf. “As plaasvervangers vir Christus smeek ons: ‘Raak met God versoen.’”a—2 Korintiërs 5:20.
4. Hoe het alle ware Christene lojaliteit aan God se Koninkryk geopenbaar? (Sien die venster “Neutraliteit onder die vroeë Christene.”)
4 Omdat ambassadeurs ’n buitelandse heerser of staat verteenwoordig, meng hulle nie in met die binnelandse sake van die land waar hulle dien nie; hulle bly neutraal. Ambassadeurs bevorder egter die belange van die regering van die land wat hulle verteenwoordig. Dit is ook die geval met Christus se gesalfde volgelinge, wie se ‘burgerskap in die hemele bestaan’ (Filippense 3:20). Om die waarheid te sê, danksy hulle ywerige Koninkrykspredikingswerk het hulle al miljoene van Christus se “ander skape” gehelp om “met God versoen” te raak (Johannes 10:16; Matteus 25:31-40). Laasgenoemdes dien as ’t ware as Christus se gesante en ondersteun Jesus se gesalfde broers. As een verenigde kudde wat die Messiaanse Koninkryk voorstaan, handhaaf albei groepe streng neutraliteit ten opsigte van die wêreld se politieke aangeleenthede.—Jesaja 2:2-4.
-
-
Hoe om afgeskeie van die wêreld te bly‘Hou julle in God se liefde’
-
-
a Sedert Pinkster 33 G.J. heers Christus as Koning oor sy gemeente van gesalfde volgelinge op die aarde (Kolossense 1:13). In 1914 het Christus koninklike gesag oor “die koninkryk van die wêreld” ontvang. Gevolglik dien gesalfde Christene nou ook as ambassadeurs van die Messiaanse Koninkryk.—Openbaring 11:15.
-