Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Bybelboek nommer 48—Galasiërs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 12. (a) Waardeur moet die Galasiërs nou wandel? (b) Watter belangrike teenstelling tref Paulus?

      12 Die besnydenis of die onbesnedenheid beteken niks nie, verduidelik Paulus, maar dit is geloof wat deur die liefde werk wat tel. Die hele Wet word vervul in die uitdrukking: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Bly wandel deur die gees, want “as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie”. Wat die werke van die vlees betref, waarsku Paulus “dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie”. In skerp teenstelling beskryf hy die vrug van die gees, waarteen daar geen wet is nie, en hy voeg by: “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” en egotisme en afguns aflê.—5:14, 18, 21, 25.

  • Bybelboek nommer 48—Galasiërs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 15. Hoe was die brief nuttig vir die Galatiese gemeentes, en watter wegwyser verskaf dit vir hedendaagse Christene?

      15 Die brief was vir die gemeentes in Galasië nuttig deurdat dit hulle vryheid in Christus duidelik bevestig en die verdraaiers van die goeie nuus gediskrediteer het. Dit het dit duidelik gestel dat ’n mens deur die geloof regverdig verklaar word en dat die besnydenis nie meer nodig is om redding te verkry nie (2:16; 3:8; 5:6). Deur sulke vleeslike verskille uit die weg te ruim, het dit Jood en nie-Jood in die een gemeente verenig. Vryheid van die Wet moes nie ’n aanleiding tot die begeertes van die vlees wees nie, want die beginsel het nog steeds gegeld: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Dit is steeds ’n wegwyser vir hedendaagse Christene.—5:14.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel