-
“Met vreugde en heilige gees gevul”‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
-
-
10. Beskryf die reis van Perge na Pisidiese Antiogië.
10 Toe hulle by Perge aankom, het Johannes Markus van Paulus en Barnabas weggegaan en na Jerusalem teruggekeer. Die rede vir sy skielike vertrek word nie genoem nie. Paulus en Barnabas het hulle reis voortgesit en van Perge na Antiogië in Pisidië, ’n stad in die provinsie Galasië, gegaan. Dit was glad nie ’n maklike reis nie, aangesien Pisidiese Antiogië ongeveer 1 100 meter bo seespieël is. Die verraderlike bergpasse was ook berug weens al die rowers wat daar was. Asof dit nie genoeg was nie, het Paulus heel moontlik op hierdie stadium gesondheidsprobleme gehad.h
-