-
“Een Jehovah” bring sy gesin byeenDie Wagtoring — 2012 | Julie 15
-
-
7. Wat beteken dit om ‘die eenheid van die gees te bewaar’?
7 Hoewel Jehovah op grond van Christus se losprysoffer sy gesalfdes regverdig verklaar het as seuns en die ander skape regverdig verklaar het as vriende, sal persoonlike verskille ontstaan solank ons in hierdie stelsel van dinge op die aarde lewe (Rom. 5:9; Jak. 2:23). Andersins sou die geïnspireerde raad om aan te hou om ‘mekaar te verdra’, onnodig gewees het. Hoe word eenheid met medegelowiges bereik? Ons moet “algehele ootmoed en sagmoedigheid” aankweek. Daarbenewens spoor Paulus ons aan om ons ywerig in te span “om die eenheid van die gees in die verenigende band van vrede te bewaar”. (Lees Efesiërs 4:1-3.) Om hierdie raad toe te pas, moet ons ons aan die invloed van God se gees onderwerp en toelaat dat dit die vrug daarvan in ons voortbring. Hierdie vrug ruim onenigheid tussen individue uit die weg, in teenstelling met die werke van die vlees, wat altyd verdelend is.
-
-
“Een Jehovah” bring sy gesin byeenDie Wagtoring — 2012 | Julie 15
-
-
9. Watter vrae kan ons ons afvra om vas te stel of ons ‘ywerig daarna streef om die eenheid van die gees te bewaar’?
9 Elkeen van ons moet ons dus afvra: ‘Hoe hard probeer ek werklik “om die eenheid van die gees in die verenigende band van vrede te bewaar”? Hoe reageer ek wanneer probleme ontstaan? Lug ek my griewe vir almal om te hoor, in die hoop dat ek ondersteuning van etlike vriende sal kry? Verwag ek dat die ouer manne vir my tussenbeide moet tree in plaas van self ’n daadwerklike poging aan te wend om ’n vreedsame verhouding te herstel? Vermy ek ander sodat ek hulle nie herinner aan wat hulle teen my het nie, dalk deur wye draaie om hulle te loop?’ Sal sulke gedrag toon dat ons optree in ooreenstemming met Jehovah se voorneme om alles weer in die Christus byeen te bring?
10, 11. (a) Hoe belangrik is dit om in vrede met ons broers te verkeer? (b) Watter dade sal vrede en geestelike voorspoed meebring?
10 Jesus het gesê: “As jy dan jou gawe na die altaar bring en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar voor die altaar en gaan weg; maak eers vrede met jou broer en offer dan, wanneer jy teruggekom het, jou gawe. Wees gou om sake te skik” (Matt. 5:23-25). Jakobus het geskryf: “Die vrug van regverdigheid word onder vreedsame toestande gesaai vir diegene wat vrede maak” (Jak. 3:17, 18). Ons kan dus nie regverdige gedrag handhaaf in die afwesigheid van vrede nie.
11 Ter toeligting: In party oorloggeteisterde lande sou die inwoners na raming 35 persent meer grond kon bewerk het as hulle hulle nie oor die teenwoordigheid van landmyne hoef te bekommer nie. Wanneer ’n landmyn ontplof, verlaat boere hulle landerye, verloor dorpies hulle bron van inkomste en is daar nie voedsel vir stede nie. Net so word ons geestelike groei belemmer as ons eienskappe het wat die vrede met ons broers kan versteur. Maar as ons gou is om te vergewe en ten behoewe van ander werk, skep dit toestande wat tot ware voorspoed lei.
-