Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat beteken onderdanigheid in die huwelik?
    Die Wagtoring – 1991 | Desember 15
    • Omdat die Skepper van die mensdom, toe Hy die eerste vrou aan die eerste man in die huwelik gegee het, die man as die hoof van sy vrou en hulle toekomstige kinders aangestel het. Dit was net redelik. In enige georganiseerde groep mense moet iemand die leiding en die finale besluite neem. Wat die huwelik betref, het die Skepper bepaal dat ‘die man die hoof van die vrou is’.—Efesiërs 5:23.

  • Wat beteken onderdanigheid in die huwelik?
    Die Wagtoring – 1991 | Desember 15
    • Nie ’n tiran nie

      Hoe moet ’n man sy gesag uitoefen? Deur die voortreflike voorbeeld van God se Seun na te volg. Die Bybel sê: “Die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het” (Efesiërs 5:23, 25). Die wyse waarop Jesus Christus sy hoofskap uitgeoefen het, was ’n seën vir die gemeente. Hy was nie ’n tiran nie. Hy het nie sy dissipels die gevoel laat kry dat hulle ingeperk of onderdruk word nie. Nee, hy het eerder die respek van almal afgedwing deur die liefdevolle en simpatieke wyse waarop hy hulle behandel het. Wat ’n voortreflike voorbeeld vir mans om te volg in die manier waarop hulle hulle vrouens behandel!

      Maar daar is mans wat nie hierdie voortreflike voorbeeld volg nie. Hulle gebruik hulle godgegewe hoofskap op ’n selfsugtige wyse pleks van ten goede van hulle vrouens. Hulle heers soos ’n tiran oor hulle vrouens terwyl hulle algehele onderdanigheid eis en hulle vrouens dikwels nie toelaat om enige besluite self te neem nie. Begryplikerwys lei die vrouens van sulke mans dikwels ’n ongelukkige lewe. En so ’n man ly ook omdat hy nie die liefdevolle respek van sy vrou geniet nie.

      God verwag weliswaar dat ’n vrou die posisie wat haar man as die hoof van die gesin beklee, moet eerbiedig. Maar as die man haar hartgrondige respek vir hom as persoon wil geniet, moet hy dit verdien, en die beste manier waarop hy dit kan doen, is om verantwoordelik op te tree en voortreflike, godvrugtige hoedanighede as gesinshoof aan te kweek.

      Onderdanigheid is betreklik

      ’n Man se gesag oor sy vrou is nie absoluut nie. In sekere opsigte kan die vrou se onderdanigheid vergelyk word met ’n Christen se onderdanigheid aan ’n wêreldlike heerser. God se bevel is dat ’n Christen hom moet “onderwerp aan die magte [“hoër owerhede”, NW] wat oor hom gestel is” (Romeine 13:1). Hierdie onderdanigheid moet nogtans altyd in ewewig gehou word met dít wat ons aan God verskuldig is. Jesus het gesê: “Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom” (Markus 12:17). As die keiser (die sekulêre regering) vereis dat ons aan hom iets moet gee wat God toekom, sal ons gedagtig wees aan wat die apostel Petrus gesê het: “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.”—Handelinge 5:29.

  • Wat beteken onderdanigheid in die huwelik?
    Die Wagtoring – 1991 | Desember 15
    • ’n Man sal die liefde en respek van sy vrou behou as hy die godvrugtige hoedanighede weerspieël van sy hoof, Jesus Christus, wat sy volgelinge beveel het om mekaar lief te hê (Johannes 13:34). As ’n man sy gesag in ooreenstemming met die voortreflike hoofskap van die Christus uitoefen, maak hy dit vir sy vrou makliker om hom met genoeë as haar hoof te erken, ondanks die feit dat hy feilbaar en onvolmaak is (1 Korinthiërs 11:3). As ’n vrou die Christelike hoedanighede van beskeidenheid en liefderyke goedheid aankweek, sal dit nie vir haar moeilik wees om aan haar man onderdanig te wees nie.

  • Wat beteken onderdanigheid in die huwelik?
    Die Wagtoring – 1991 | Desember 15
    • Dít is die gesindhede wat in die gemeente aangekweek moet word. En hulle moet veral tussen man en vrou in die Christelike huis aangekweek word. ’n Man kan sy innerlike ontferming en sagmoedigheid toon deur na die voorstelle van sy vrou te luister. Hy moet sy vrou se opinie in ag neem voor hy ’n besluit neem wat die gesin raak. Christenvrouens is nie dom nie. Hulle kan dikwels waardevolle voorstelle aan hulle mans doen, soos Sara aan haar man, Abraham, gedoen het (Genesis 21:12). ’n Christenvrou sal daarenteen nie té veel van haar man verwag nie. Sy sal haar goedhartigheid en nederigheid toon deur sy leiding te volg en sy besluite te ondersteun, al bots dit soms met wat sy graag sou wou hê.

      ’n Redelike man is, net soos ’n redelike ouere man, genaakbaar en goedhartig. ’n Liefdevolle vrou beantwoord dit deur simpatiek en lankmoedig te wees en waardering te toon vir die pogings wat hy aanwend om, ondanks sy onvolmaaktheid en die druk van die lewe, sy verantwoordelikhede na te kom. Wanneer die man sowel as die vrou sulke gesindhede aankweek, sal onderdanigheid in ’n huwelik nie ’n probleem wees nie. Dit sal eerder ’n bron van vreugde, sekuriteit en blywende tevredenheid wees.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel