Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Bybelboek nommer 49—Efesiërs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 8. In watter opsigte was Paulus se brief aan die Efesiërs uiters tydig?

      8 Terwyl Paulus nou in die gevangenis is, dink hy aan die probleme waarmee die gemeente in Efese te kampe het, daar hulle omring is van heidense aanbidders en in die skaduwee van die ontsagwekkende tempel van Artemis woon. Hierdie gesalfde Christene het ongetwyfeld die gepaste illustrasie wat Paulus nou vir hulle gee nodig gehad, ’n illustrasie wat toon dat hulle “’n heilige tempel” uitmaak waarin Jehovah deur sy gees woon (Ef. 2:21). “Die verborgenheid”, of heilige geheim, wat aan die Efesiërs geopenbaar word oor God se administrasie (die manier waarop hy sy huislike aangeleenthede bestuur) waardeur hy eenheid en vrede deur Jesus Christus sou herstel, was ongetwyfeld vir hulle ’n groot besieling en troos (1:9, 10, vgl. NW). Paulus lê nadruk op die eendrag van Jood en nie-Jood in Christus. Hy vermaan hulle tot harmonie, tot eenheid. Ons kan dus nou die doel, waarde en duidelike inspirasie van hierdie boek besef.

  • Bybelboek nommer 49—Efesiërs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 9. Hoe het God sy liefde oorvloedig gemaak, en wat bid Paulus?

      9 God se voorneme om eenheid deur middel van Christus te bewerkstellig (1:1–2:22). Paulus, die apostel, stuur groete. Geseënd is God weens sy glorieryke onverdiende goedheid. Dit het te doen met Sy verkiesing van hulle om in eendrag met Jesus Christus te wees, deur wie hulle die verlossing deur middel van die losprys deur sy bloed het. Daarbenewens het God sy liefde jeens hulle oorvloedig gemaak deur die heilige geheim van sy wil bekend te maak. Want hy het hom voorgeneem om ’n administrasie te hê ‘om alle dinge weer te verenig in die Christus’, in eendrag met wie hulle ook as erfgename aangestel is (1:10). As ’n vooraf gegewe onderpand hiervan is hulle deur die heilige gees verseël. Paulus bid dat hulle vas oortuig mag wees van die hoop waartoe hulle geroep is en mag besef dat God dieselfde krag ten opsigte van hulle sal gebruik wat Hy gebruik het om Christus op te wek en hom ver bo enige regering en gesag te stel en hom Hoof van al die dinge met betrekking tot die gemeente te maak.

  • Bybelboek nommer 49—Efesiërs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    • 19. Watter hoop en aanmoediging bied Efesiërs vandag nog?

      19 Met betrekking tot ‘die heilige geheim’ het Paulus ook gepraat van ’n administrasie “om alle dinge wat in die hemele [diegene wat vir die hemelse Koninkryk gekies is] sowel as wat op die aarde is [diegene wat op die aarde in die ryk van die Koninkryk sal lewe], onder een hoof in Christus te verenig”. Aldus word God se grootse voorneme om vrede en eenheid te herstel na vore gebring. In hierdie verband het Paulus gebid ten behoewe van die Efesiërs, wie se oë van die hart verlig was sodat hulle die hoop waartoe God hulle geroep het ten volle kon verstaan en kon sien “wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is”. Hierdie woorde moes hulle grootliks in hulle hoop aangemoedig het. En die geïnspireerde brief aan die Efesiërs is vandag nog vir die gemeente opbouend, sodat ‘ons in alles vervul kan word met die volheid wat God gee’.—1:9-11, 18, vgl. NW; 3:19.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel