Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe om kinders in die dissipline van God groot te maak
    Ontwaak! – 2004 | November 8
    • Wat dissipline werklik beteken

      Die Bybel beskryf duidelik wat ouers se rol in verband met dissipline is. Efesiërs 6:4 sê byvoorbeeld: “Vaders, moenie julle kinders irriteer nie, maar hou aan om hulle in die dissipline en verstandsregulering van Jehovah op te voed.” Hierdie teks meld spesifiek dat die vader die een is wat die leiding moet neem om vir sy kinders te sorg. Die moeder sal natuurlik met haar man saamwerk.

      Oor hierdie onderwerp sê The Interpreter’s Dictionary of the Bible: “In die Bybel word dissipline aan die een kant met opleiding, onderrigting en kennis verbind en aan die ander kant met vermaning, teregwysing en straf. Die natuurlike toepassing daarvan is op die gebied van kinderopvoeding.” Dissipline sluit dus baie meer in as net teregwysing; dit sluit ook die opvoeding in wat kinders nodig het om te floreer. Maar hoe kan ouers dit vermy om hulle kinders te irriteer?

      Betoon empatie

      Wat irriteer ’n kind? Stel jou die volgende situasie voor. Jy het ’n werksmaat wat humeurig en ongeduldig is. Niks aangaande jou stel hom tevrede nie. Dit lyk asof hy alles kritiseer wat jy doen of sê. Hy verwerp jou werk dikwels en laat jou voel asof jy as persoon verwerp word. Sal dit jou nie irriteer of ontmoedig nie?

      Dieselfde kan met ’n kind gebeur wanneer sy ouers voortdurend met hom foutvind of hom in woede teregwys. Dit is so dat kinders van tyd tot tyd teregwysing nodig het en dat die Bybel ouers die reg gee om dit te voorsien. Maar om ’n kind te irriteer deur hom op ’n hardvogtige, liefdelose wyse te behandel, kan hom emosionele, geestelike en selfs fisiese skade berokken.

  • Hoe om kinders in die dissipline van God groot te maak
    Ontwaak! – 2004 | November 8
    • [Venster/Prent op bladsy 27]

      DIE “VERSTANDSREGULERING VAN JEHOVAH”

      Efesiërs 6:4 maak melding van die “verstandsregulering van Jehovah”. Die oorspronklike Griekse woord vir die uitdrukking “verstandsregulering” word in sommige Bybels vertaal met “oplettendheid”, “raad” en “vermaning”. Hierdie woorde toon dat gesinne meer moet doen as om net die Bybel te lees of materiaal in Bybelstudiehulpe te dek. Ouers moet seker maak dat hulle kinders die betekenis van God se Woord, die belangrikheid van gehoorsaamheid, die liefde wat Jehovah vir hulle het en die beskerming wat hy hulle bied, verstaan.

      Hoe kan dit gedoen word? Judy, ’n moeder van drie, het dit nodig gevind om meer te doen as om net voortdurend haar kinders aan godvrugtige beginsels te herinner. “Ek het gesien dat hulle nie daarvan hou as ek keer op keer dieselfde dinge op dieselfde manier herhaal nie. Ek het ander maniere begin soek om hulle te leer. Een manier was om artikels in die Ontwaak! te soek wat hierdie punte op ’n nuwe manier bespreek het. Sodoende het ek geleer om my kinders die nodige vermanings te gee sonder om hulle te irriteer.”

      Angelo, wie se gesin moeilike tye deurgemaak het, vertel hoe hy sy dogters geleer het om oor God se Woord te peins: “Ons het Bybelverse saam gelees, en dan het ek sekere frases uitgesonder en verduidelik hoe dit op my dogters se omstandighede van toepassing is. Later, toe hulle die Bybel op hulle eie begin lees het, het ek gesien hoe hulle diep ingedagte is, terwyl hulle peins oor wat dit vir hulle beteken.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel