Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe om ’n geestelike swakheid te herken en te oorkom
    Die Wagtoring – 1999 | April 15
    • Aangesien ons gewikkel is in ’n geestelike oorlogvoering—’n stryd waarin beheer oor die Christen se verstand en hart betrokke is—moet ons alles in ons vermoë doen om ons geestesvermoëns te beskerm. Hou in gedagte dat “die borsplaat van regverdigheid”, wat ons hart beskerm, en “die helm van redding”, wat ons verstand beskerm, deel van ons geestelike wapenrusting uitmaak. As ons leer om hierdie voorsienings doeltreffend te gebruik, kan dit die verskil tussen oorwinning en ’n nederlaag beteken.—Efesiërs 6:14-17; Spreuke 4:23; Romeine 12:2.

  • Hoe om ’n geestelike swakheid te herken en te oorkom
    Die Wagtoring – 1999 | April 15
    • Om “die helm van redding” op te sit, behels dat ons die wonderlike seëninge wat op hande is helder in gedagte hou en nie toelaat dat die glans en betowering van die wêreld ons aandag aftrek nie (Hebreërs 12:2, 3; 1 Johannes 2:16). As ons hierdie beskouing het, sal dit ons help om geestelike belange voor materiële strewes of persoonlike belange te stel (Matteus 6:33). Om dus seker te wees dat ons hierdie deel van die wapenrusting behoorlik aanhet, moet ons ons eerlik afvra: Wat streef ek in die lewe na? Het ek spesifieke geestelike doelwitte? Wat doen ek om dit te bereik? Of ons nou van die oorblywende gesalfde Christene of van die talryke “groot skare” is, ons moet Paulus navolg wat gesê het: “Ek meen nog nie dat ek dit vasgegryp het nie; maar een ding staan vas: Ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na die dinge wat voor is, en ek streef na die doel.”—Openbaring 7:9; Filippense 3:13, 14.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel