-
Jehovah se plae oor die ChristendomOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
30. (a) Wat is bedoel toe die koning van Babilon aangespreek is as een wat uit die hemel geval het? (b) Waarna kan ’n val uit die hemel verwys?
30 Johannes sien hierdie spesifieke ster uit die hemel val. Hoe? Die ervarings van ’n eertydse koning help ons om dit te verstaan. Jesaja het met die koning van Babilon gepraat en gesê: “Hoe het jy uit die hemel geval, o glansende, o seun van die dagbreek! Hoe is jy teen die aarde neergevel, jy wat die nasies magteloos gemaak het!” (Jesaja 14:12). Hierdie profesie is vervul toe Babilon deur Kores se leërs omvergewerp is en sy koning skielik geval het van wêreldheerskappy tot ’n skandelike nederlaag. ’n Val uit die hemel kan dus daarna verwys dat iemand ’n hoë posisie verloor en in skande verval.
-
-
Jehovah se plae oor die ChristendomOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
32. Wanneer het die Christendom se val uit die geestelike hemele duidelik geword, en hoe is dit gedramatiseer?
32 Hierdie val uit die geestelike hemele het in 1919 duidelik geword toe die klein oorblyfsel van gesalfde Christene, en nie die Christendom se geestelikes nie, oor die Koninkryksbelange aangestel is (Matteus 24:45-47). En van 1922 af is hierdie val gedramatiseer toe dié groep Christene hulle veldtog hervat het om die tekortkominge van die geestelikes van die Christendom openlik bloot te lê.
-