-
’n Teologiese dilemmaDie Wagtoring – 1995 | Maart 1
-
-
Die Kategismus van die Katolieke Kerk sê: “Om saam met Christus opgewek te word, moet ons saam met Christus sterf: ons moet ‘weg van die liggaam af wees en by die Here woon’ [2 Korintiërs 5:8]. Met hierdie ‘vertrek’, wat die dood is, word die siel van die liggaam geskei [Filippense 1:23]. Dit sal met die liggaam herenig word op die dag wanneer die dooies ’n opstanding kry.” Maar sê die apostel Paulus in die tekste wat hier aangehaal word dat die siel ná die dood van die liggaam voortleef en dan op die “Laaste Oordeel” wag om met die liggaam herenig te word?
-
-
’n Teologiese dilemmaDie Wagtoring – 1995 | Maart 1
-
-
In Filippense 1:21, 23 sê Paulus: “In my geval is om te lewe Christus, en om te sterf gewin. Ek verkeer onder druk van hierdie twee dinge; maar wat ek wel begeer, is die losmaking en om saam met Christus te wees, want dít is gewis veel beter.” Praat Paulus hier van ’n “tussenstadium”? Party mense dink so. Paulus sê egter dat hy deur twee moontlikhede onder druk geplaas word—die lewe of die dood. “Maar wat ek wel begeer”, het hy bygevoeg en ’n derde moontlikheid genoem, “is die losmaking en om saam met Christus te wees.” Was dit ’n “losmaking” om onmiddellik ná die dood saam met Christus te wees? Wel, soos ons reeds gesien het, het Paulus geglo dat getroue gesalfde Christene gedurende Christus se teenwoordigheid opgewek sou word. Hy moes dus die gebeure van daardie tydperk in gedagte gehad het.
Dit kan ons uit sy woorde in Filippense 3:20, 21 en 1 Tessalonisense 4:16 sien. So ’n “losmaking” gedurende die teenwoordigheid van Christus Jesus sou dit vir Paulus moontlik maak om die beloning te ontvang wat God vir hom voorberei het. Dat dit sy hoop was, kan gesien word uit sy woorde aan die jong man Timoteus: “Van nou af is die kroon van regverdigheid vir my weggelê, wat die Here, die regverdige regter, my in daardie dag as beloning sal gee, en tog, nie net aan my nie, maar ook aan almal wat sy openbaarwording liefgehad het.”—2 Timoteus 4:8.
-