-
Wie sal deur Jehovah goedgekeur word?Die Wagtoring – 1988 | November 15
-
-
12 Paulus het later geskryf dat alle Christene ‘hulle eie redding met vrees en bewing moet uitwerk’. Maar dit kon gedoen word, “want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae [eu·do·kiʹas]”.—Filippense 2:12, 13.
-
-
Wie sal deur Jehovah goedgekeur word?Die Wagtoring – 1988 | November 15
-
-
17. Hoe is Lukas 2:14 in die eerste eeu vervul?
17 Danksy die openbare predikingswerk van gedoopte Christene in die eerste eeu het duisende die goeie nuus gehoor. Hulle het geloof gestel in wat hulle gehoor het, berou gehad oor hulle vorige leefwyse en is gedoop, waardeur hulle “’n openbare bekendmaking tot redding” gedoen het (Romeine 10:10-15, NW; Handelinge 2:41-44; 5:14; Kolossense 1:23). Dit het geen twyfel gely dat gedoopte persone destyds Jehovah se goedkeuring gehad het nie, want hy het hulle met die heilige gees gesalf en hulle sodoende as geestelike seuns aangeneem. Die apostel Paulus het geskryf: “Hy [het] ons voorbeskik . . . om ons as sy [seuns] vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae [eu·do·kiʹan] van sy wil” (Efesiërs 1:5, vgl. NW). Die engele se voorspelling ten tyde van Jesus se geboorte het dus in daardie eeu begin uitkom: “Vrede onder mense van welwillendheid [of, mense wat God se goedkeuring het].”—Lukas 2:14, NW.
18. Waarom kon gesalfde Christene hulle goedgekeurde posisie voor God nie as vanselfsprekend aanvaar nie?
18 Daardie “mense van welwillendheid” moes aanhou om hulle ‘eie heil met vrees en bewing uit te werk’ om daardie vrede te behou (Filippense 2:12). Dit was nie maklik nie, want hulle was steeds onvolmaakte mense. Hulle sou te kampe hê met versoekings en druk om te sondig. As hulle voor sonde sou swig, sou hulle God se goedkeuring verloor. Jehovah het dus liefdevol gereel dat geestelike herders die gemeentes help en beskerm.—1 Petrus 5:2, 3.
-