Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Doop – ’n Wonderlike doelwit!
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 3. Wat moet ’n persoon doen voordat hy gedoop kan word?

      Voordat jy gedoop kan word, is dit belangrik om oor Jehovah te leer en sterk geloof in hom op te bou. (Lees Hebreërs 11:6.) Hoe meer kennis jy kry en hoe sterker jou geloof word, hoe liewer sal jy vir Jehovah word. Dan sal jy ander van hom wil vertel en volgens sy standaarde wil lewe (2 Timoteus 4:2; 1 Johannes 5:3). Wanneer ’n persoon lewe “op ’n manier wat Jehovah waardig is sodat [hy] hom in alles bly kan maak,” sal hy dalk besluit om sy lewe aan God toe te wy en gedoop te word. – Kolossense 1:9, 10.a

  • Doop – ’n Wonderlike doelwit!
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • a As ’n persoon voorheen in ’n ander godsdiens gedoop was, moet hy weer gedoop word. Hoekom? Want daardie godsdiens het nie die waarheid uit die Bybel geleer nie. – Sien Handelinge 19:1-5 en Les 13.

  • Is jy gereed om gedoop te word?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 1. Hoe baie moet jy weet voordat jy gedoop word?

      Om gedoop te word, moet jy “akkurate kennis van die waarheid” hê (1 Timoteus 2:4). Dit beteken nie dat jy die antwoord op elke Bybelvraag moet ken voordat jy gedoop word nie. Selfs Christene wat al lank gedoop is, hou aan leer (Kolossense 1:9, 10). Maar jy moet die basiese leringe in die Bybel verstaan. Ouermanne in die gemeente sal jou help om uit te vind of jy genoeg kennis het.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel