Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe kan jou gesin gelukkig wees? – Deel 1
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Geen huwelik is perfek nie. Daarom moet paartjies saamwerk om probleme te oorkom. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

      VIDEO: Hoe om julle huwelik sterker te maak (5:44)

      • Wat was ’n paar tekens dat die paartjie in die video besig was om van mekaar af weg te dryf?

      • Watter dinge het hulle gedoen om hulle huwelik sterker te maak?

      Lees 1 Korintiërs 10:24 en Kolossense 3:13. Nadat elke vers gelees is, bespreek hierdie vraag:

      • Hoe kan hierdie raad ’n huwelik sterker maak?

      Die Bybel sê dat ons mekaar moet eer. Om iemand te eer, sluit in dat ons daardie persoon op ’n liefdevolle en respekvolle manier behandel. Lees Romeine 12:10, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Moet mans of vrouens wag dat hulle huweliksmaat hulle eerste eer? Hoekom, of hoekom nie?

  • Behou die eenheid in die gemeente
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 3. Wat sal jy doen wanneer daar ’n probleem tussen jou en ’n ander Christen is?

      Ons is verenig, maar ons is ook onvolmaak. Soms stel ons mekaar teleur of maak ons mekaar selfs seer. Daarom sê God se Woord: “Hou aan om . . . mekaar vryelik te vergewe,” en dit sê verder: “Net soos Jehovah julle vryelik vergewe het, so moet julle ook vergewe.” (Lees Kolossense 3:13.) Ons het Jehovah al baie keer seergemaak, en tog het hy ons vergewe. So hy verwag van ons om ons broers te vergewe. As jy besef dat jy iemand seergemaak het, neem die eerste stap om die probleem op te los. – Lees Matteus 5:23, 24.b

  • Behou die eenheid in die gemeente
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 5. Vergewe vryelik en maak vrede

      Jehovah vergewe ons vryelik, selfs al sal hy nooit ons vergifnis nodig hê nie. Lees Psalm 86:5, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe groot is Jehovah se vergifnis?

      • Hoekom is jy dankbaar vir die feit dat hy ons vergewe?

      • Watter situasies kan dit vir ons moeilik maak om met ander oor die weg te kom?

      Hoe kan ons Jehovah navolg en verenig bly met ons broers en susters? Lees Spreuke 19:11, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Wanneer iemand jou irriteer of jou gevoelens seermaak, wat kan jy doen om die situasie beter te maak?

      Soms maak ons ander se gevoelens seer. Wat moet ons doen wanneer dit gebeur? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

      VIDEO: Om vrede te maak bring seëninge mee (6:01)

      • Wat het die suster in die video gedoen om vrede te maak?

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel