-
Is dit verkeerd om te treur?Ontwaak! – 2001 | Julie 8
-
-
“WAT MEER IS, BROERS, ONS WIL NIE HÊ DAT JULLE ONKUNDIG MOET WEES AANGAANDE DIÉ WAT IN DIE DOOD SLAAP NIE, SODAT JULLE NIE TREUR SOOS DIE RES WAT GEEN HOOP HET NIE.”—1 TESSALONISENSE 4:13.
DIE Bybel bied ’n hoop vir afgestorwenes. Die opstandings wat Jesus laat plaasvind het, sowel as sy leringe, dui op ’n tyd wanneer die dooies opgewek sal word (Matteus 22:23-33; Markus 5:35, 36, 41, 42; Lukas 7:12-16). Hoe moet hierdie hoop ons raak? Die apostel Paulus se woorde wat hierbo aangehaal word, toon dat hierdie hoop ’n bron van vertroosting kan wees wanneer ’n geliefde sterf.
As jy ’n geliefde aan die dood afgestaan het, ken jy ongetwyfeld die emosionele pyn wat met so ’n tragedie gepaardgaan. Theresa, wie se man, met wie sy 42 jaar lank getroud was, kort ná ’n hartoperasie dood is, sê: “Dit was so ’n skok! My eerste gevoel was oorweldigende vrees. Toe het die verskriklike pyn gekom wat met verloop van tyd al hoe erger geword het. Ek het baie gehuil.” Dui so ’n reaksie op ’n gebrek aan geloof in Jehovah se belofte om die dooies op te wek? Beteken Paulus se woorde dat dit verkeerd is om te treur?
Bybelvoorbeelde van mense wat getreur het
Ons vind die antwoord op hierdie vrae wanneer ons Bybelvoorbeelde van mense wat getreur het, ondersoek. In baie gevalle het ’n routyd op die dood van ’n naaste familielid gevolg (Genesis 27:41; 50:7-10; Psalm 35:14). Die gevoelens wat met hierdie rou gepaardgegaan het, was dikwels baie intens.
-
-
Is dit verkeerd om te treur?Ontwaak! – 2001 | Julie 8
-
-
Hoewel ons as Christene beslis weens die dood met droefheid gevul word, treur ons nietemin nie “soos die res wat geen hoop het nie” (1 Tessalonisense 4:13). Ons gee ons nie oor aan onredelike uiterstes wanneer ons treur nie, want ons is nie verward oor die toestand van die dooies nie. Ons weet dat hulle nie pyn of angs het nie, maar in ’n toestand is wat met ’n diepe, vreedsame slaap vergelyk kan word (Prediker 9:5; Markus 5:39; Johannes 11:11-14). Ons het ook volle vertroue dat Jesus, “die opstanding en die lewe”, sy belofte sal vervul om “almal wat in die gedenkgrafte is”, terug te bring.—Johannes 5:28, 29; 11:24, 25.
-