Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Die wettelose mens” word geïdentifiseer
    Die Wagtoring – 1990 | Februarie 1
    • Die wettelose mens se oorsprong

      4. Wie is vir die wettelose mens se ontstaan verantwoordelik en het hom deurentyd gesteun?

      4 Wie is vir hierdie wettelose mens se ontstaan verantwoordelik en het hom deurentyd gesteun? Paulus antwoord: “Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande valse tekens en wonders en met gruwelike misleiding van dié wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie” (2 Thessalonicense 2:9, 10, NAV). Satan is dus die vader en onderhouer van die wettelose mens. En net soos Satan is die wettelose mens, hetsy hy dit besef of nie, teen Jehovah, Sy voornemens en Sy volk gekant.

      5. Watter lot sal die wettelose en diegene wat hom volg, tref?

      5 Diegene wat die wettelose mens steun, sal deur dieselfde lot as hy getref word—vernietiging: “Dan sal die wettelose self op die toneel verskyn. Maar wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom . . . verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig” (2 Thessalonicense 2:8, NAV). Daardie tyd vir die vernietiging van die wettelose mens en sy ondersteuners (“dié wat verlore gaan”) sal eersdaags aanbreek by “die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan ’n ewige verderf.”—2 Thessalonicense 1:6-9.

  • “Die wettelose mens” word geïdentifiseer
    Die Wagtoring – 1990 | Februarie 1
    • Die wettelose geïdentifiseer

      7. Waarom kan ons die gevolgtrekking maak dat Paulus nie van ’n enkele individu gepraat het nie, en wat is die wettelose mens?

      7 Het Paulus van ’n enkele individu gepraat? Nee, want hy sê dat hierdie “mens” in Paulus se dag teenwoordig was en sou voortbestaan totdat Jehovah hom tydens die einde van hierdie stelsel vernietig. Hy bestaan dus al baie eeue lank. Dit spreek vanself dat geen letterlike mens reeds so lank lewe nie. Daarom moet die uitdrukking “wettelose mens” na ’n liggaam, of groep, mense verwys.

      8. Wie is die wettelose mens, en wat is party van sy kenmerke?

      8 Wie is hulle? Die getuienis toon dat hulle die trotse, ambisieuse geestelikes van die Christendom is, wat reeds soveel eeue lank eiemagtig optree. Dit blyk uit die feit dat daar duisende verskillende godsdienste en sektes in die Christendom is, waarvan elkeen sy geestelikes het maar nogtans in een of ander opsig van al die ander verskil wat leerstellings of gebruike betref. Hierdie verdeeldheid is ’n duidelike bewys dat hulle nie God se wet nakom nie. Hulle kon onmoontlik uit God ontstaan het. (Vergelyk Miga 2:12; Markus 3:24; Romeine 16:17; 1 Korinthiërs 1:10.) Daar is een ding wat al hierdie godsdienste gemeen het, naamlik dat hulle nie by die Bybel se leringe bly nie aangesien hulle die reël “Moenie verder gaan as die dinge wat geskryf is nie” geskend het.—1 Korinthiërs 4:6, NW; sien ook Mattheüs 15:3, 9, 14.

      9. Met watter onskriftuurlike leringe het die wettelose Bybelwaarhede vervang?

      9 Hierdie wettelose is dus ’n samegestelde persoon: die geestelikes van die Christendom. Hulle almal, hetsy pouse, priesters, patriarge of Protestantse predikers, deel die aanspreeklikheid vir die godsdienssondes van die Christendom. Hulle het die waarhede van God vir heidense leuens verruil en verkondig onskriftuurlike leerstellings soos die onsterflikheid van die mensesiel, die helse vuur, vaevuur en die Drie-eenheid. Hulle is soos die godsdiensleiers vir wie Jesus gesê het: “Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. . . . Hy is ’n leuenaar en die vader van die leuen” (Johannes 8:44, NAV). Hulle dade toon ook dat hulle wetteloos is, want hulle neem aan bedrywighede deel wat God se wette skend. Jesus sê vir sulke mense: “Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”—Mattheüs 7:21-23.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel