Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Sukses—Tot elke prys?
    Die Wagtoring – 1988 | Augustus 15
    • Omdat daar soveel armoede is, jaag talle mense finansiële sukses ten koste van alle ander dinge na. Sommige maak hulle skuldig aan oneerlikheid om dit te kan behaal. Maar toe hulle ware Christene geword het, moes hulle hierdie gesindheid vir goed afgelê het om aan die Bybel se regverdige standaarde te voldoen.

      Selfs sommige Christene raak egter opnuut vasgevang in die strewe na wêreldlike doelwitte. Hulle verval moontlik in onchristelike gedrag om sukses te behaal. Ouers verwaarloos hulle gesinne. Individue verwaarloos hulle diens aan God. Wat dink jy sal van hulle tevredenheid in die lewe en hulle geluk word?

      Die Bybel stel ons op ons hoede vir die nadraai deur te waarsku: “Die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede . . . Want die geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.”—1 Timotheüs 6:9, 10.

  • Sukses—Tot elke prys?
    Die Wagtoring – 1988 | Augustus 15
    • Die liefde vir rykdom is ’n veeleisende meester. Dit eis mense se tyd, krag en talente; en dit verstik goddelike toegewydheid. Dit verlok mense gewoonlik om selfs groter rykdom en wêreldlike aansien na te jaag en laat hulle sodoende al hoe verder van die geloof afdwaal. Die Bybel sê tereg: “Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie.”—Prediker 5:9.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel