-
Sien die verskil in menseDie Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Januarie
-
-
9. Wat sal jongmense help om gehoorsaam aan hulle ouers te wees?
9 Kinders kan keer dat hulle aan hulle ouers ongehoorsaam word, deur na te dink oor wat hulle ouers alles vir hulle gedoen het. Kinders moet hulle ouers waardeer en verstaan dat God, ons Vader, van hulle verwag om hulle ouers te gehoorsaam. As jongmense goeie dinge van hulle ouers sê, sal dit ander jongmense help om hulle eie ouers ook te respekteer. As ouers nie natuurlike geneentheid, of liefde, vir hulle kinders het nie, is dit dalk moeilik vir die kinders om gehoorsaam te wees. Maar as kinders voel dat hulle ouers hulle opreg liefhet, sal hulle graag hulle ouers gelukkig wil maak, selfs wanneer dit moeilik is. Austin sê: “Al wou ek soms dinge doen wat ek nie moes nie, het my ouers redelike reëls gemaak, die redes vir die reëls verduidelik en het hulle dit vir my maklik gemaak om met hulle te praat. Dit het my gehelp om gehoorsaam te wees. Ek kon sien dat hulle vir my omgee, en daarom wou ek hulle nie teleurstel nie.”
10, 11. (a) Watter slegte eienskappe wys dat mense nie lief is vir mekaar nie? (b) Hoe lief is ware Christene vir ander mense?
10 Paulus het ook ander negatiewe eienskappe genoem wat wys dat mense nie vir mekaar lief is nie. Na “ongehoorsaam aan ouers” noem hy ondankbaar. Dit maak sin, want ondankbare mense waardeer nie die goeie dinge wat ander mense vir hulle doen nie. Mense sal ook dislojaal wees. Hulle is nie bereid tot enige ooreenkoms nie, wat beteken dat hulle nie vrede met ander wil maak nie. Hulle sal lasteraars en verraaiers wees, wat slegte dinge van mense en selfs van God sê. En daar sal kwaadsprekers wees, mense wat leuens vertel om ander se goeie reputasie te verwoes.a
-
-
Sien die verskil in menseDie Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Januarie
-
-
a Die Griekse woord vir “lasteraar” of “beskuldiger” is di·aʹbo·los. In die Bybel word dit gebruik as ’n titel vir Satan, die goddelose lasteraar van God.
-