Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat sal jou help om aan te hou om die Bybel te studeer?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 5. Hou aan studeer, al maak ander dit vir jou moeilik

      Soms sal ander jou dalk probeer kry om op te hou om die Bybel te studeer. Kyk na Francesco se voorbeeld. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

      VIDEO: Beloon omdat hy nie opgegee het nie (5:22)

      ’n Toneel uit die video ‘Beloon omdat hy nie opgegee het nie’. Francesco loop weg van sy goeie vriende af nadat hy vir hulle gesê dat hy nie meer met hulle sal assosieer nie.
      • Hoe het Francesco se vriende en sy ma gereageer toe hy vir hulle vertel het van die dinge wat hy geleer het?

      • Hoe is hy beloon omdat hy nie opgegee het nie?

      Lees 2 Timoteus 2:24, 25, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe voel jou familie en vriende oor wat jy leer?

      • Volgens hierdie teks, hoe moet jy reageer wanneer iemand nie daarvan hou dat jy die Bybel studeer nie? Hoekom?

  • Hoe kan jy vir ander van die goeie nuus vertel?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Voordat jy vir ander van die goeie nuus vertel, moet jy nie net dink aan wat om te sê nie, maar ook hoe om dit te sê. Lees 2 Timoteus 2:24 en 1 Petrus 3:15, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe kan jy hierdie verse toepas wanneer jy met ander oor die Bybel praat?

      • Party familielede of vriende sal dalk nie met jou saamstem nie. Wat kan jy doen? Wat moet jy nie doen nie?

      • Hoekom sal dit dalk beter wees om vrae op ’n respekvolle manier te vra eerder as om vir mense te sê wat hulle moet glo?

      ’n Bybelstudent deel iets uit die Bybel uit met sy familie.
Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel