Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Watter soort gees openbaar jy?
    Die Wagtoring — 2012 | Oktober 15
    • “Mag die onverdiende goedhartigheid van die Here Jesus Christus wees met die gees wat julle openbaar.”—FILEM. 25.

  • Watter soort gees openbaar jy?
    Die Wagtoring — 2012 | Oktober 15
    • 1. Watter hoop het Paulus in sy briewe aan medegelowiges uitgespreek?

      IN SY briewe aan medegelowiges het die apostel Paulus herhaaldelik sy hoop uitgespreek dat die gees wat die gemeentes openbaar, God en Christus se goedkeuring sou wegdra. Hy het byvoorbeeld aan die Galasiërs geskryf: “Mag die onverdiende goedhartigheid van ons Here Jesus Christus wees met die gees wat julle openbaar, broers. Amen” (Gal. 6:18). Wat het hy bedoel met “die gees wat julle openbaar”?

      2, 3. (a) Waarna het Paulus soms verwys wanneer hy die woord “gees” gebruik het? (b) Watter vrae kan ons ons afvra oor die gees wat ons openbaar?

      2 Paulus se gebruik van die woord “gees” in hierdie konteks verwys na die dryfkrag wat ons dinge op ’n sekere manier laat sê of doen. Een persoon is dalk teergevoelig, bedagsaam, saggeaard, vrygewig of vergewensgesind. Die Bybel praat gunstig oor “die stille en sagmoedige gees” en ’n man wat “kalm van gees” is (1 Pet. 3:4; Spr. 17:27). Maar ’n ander persoon is dalk sarkasties, materialisties, liggeraak of het miskien ’n onafhanklike gesindheid. Nog erger, party openbaar ’n onrein, ongehoorsame of selfs opstandige gees.

      3 Wanneer Paulus dus uitdrukkings gebruik het soos “mag die Here wees met die gees wat jy openbaar”, het hy sy broers aangespoor om ’n gees te openbaar wat in ooreenstemming met God se wil en die Christelike persoonlikheid is. (2 Tim. 4:22; lees Kolossense 3:9-12.) Ons kan ons gerus afvra: ‘Watter soort gees openbaar ek? Hoe kan ek in groter mate ’n gees openbaar wat God behaag? Kan ek meer doen om tot die algemene positiewe gees van die gemeente by te dra?’ Ter toeligting: In ’n veld vol sonneblomme, dra elke helder blom tot die algehele prag van die blommetoneel by. Is ons een van die “blomme” wat tot die algehele prag van die gemeente bydra? Ons moet beslis daarna streef om een te wees. Kom ons kyk nou wat ons kan doen om ’n gees te openbaar wat God behaag.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel