Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Begeerlike dinge” vul Jehovah se huis
    Die Wagtoring – 2000 | Januarie 15
    • 9. Waarom kon Jesus nie as ’n mens in die hemel ingaan nie, en hoe is hierdie probleem opgelos?

      9 Al was die mens Jesus ’n geesverwekte Seun van God, kon hy nie toegang tot lewe in die hemel kry nie. Waarom nie? Omdat vlees en bloed nie God se hemelse Koninkryk kan beërf nie (1 Korintiërs 15:44, 50). Aangesien Jesus se mensevlees ’n versperring was, is dit goed afgebeeld deur die voorhangsel wat die Heilige van die Allerheiligste in God se eertydse tempel geskei het (Hebreërs 10:20). Maar drie dae ná Jesus se dood, het God hom as ’n gees opgewek (1 Petrus 3:18). Toe kon hy ingaan in die Allerheiligste van God se geestelike tempel—die hemel self. En dit is presies wat gebeur het. Paulus skryf: “Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom [wat blykbaar na die Allerheiligste verwys] wat met hande gemaak is, wat ’n kopie van die werklikheid is nie, maar in die hemel self, om nou vir ons voor die persoon van God te verskyn.”—Hebreërs 9:24.

      10. Wat het Jesus gedoen toe hy na die hemel teruggekeer het?

      10 In die hemel het Jesus ‘die bloed van sy offerande gesprinkel’ deur die lospryswaarde van sy lewensbloed aan Jehovah aan te bied. Maar Jesus het selfs meer gedoen. Kort voor sy dood het hy vir sy volgelinge gesê: “Ek gaan heen om vir julle ’n plek te berei. En as ek heengaan en vir julle ’n plek berei, kom ek weer en sal julle tuis ontvang by my, sodat julle ook kan wees waar ek is” (Johannes 14:2, 3). Deur toegang te kry tot die Allerheiligste, of die hemel, het Jesus dus die weg geopen vir ander om te volg (Hebreërs 6:19, 20). Hierdie persone, wat 144 000 in getal sal wees, sal as onderpriesters in God se geestelike tempelreëling dien (Openbaring 7:4; 14:1; 20:6). Net soos die hoëpriester van Israel eers die bloed van die bul in die Allerheiligste ingeneem het om versoening vir die sondes van die priesters te doen, word die waarde van Jesus se vergote bloed eers ten behoewe van hierdie 144 000 onderpriesters aangewend.b

  • “Begeerlike dinge” vul Jehovah se huis
    Die Wagtoring – 2000 | Januarie 15
    • b Anders as die hoëpriester van Israel het Jesus geen sondes gehad waarvoor versoening nodig was nie. Maar sy medepriesters het wel sondes gehad omdat hulle uit die sondige mensdom gekoop is.—Openbaring 5:9, 10.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel