Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe kan die vergaderinge van Jehovah se Getuies jou help?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Les 10. ’n Man kyk na ’n teks wat ’n Getuie vir hom in die Bybel wys by ’n vergadering van Jehovah se Getuies.

      LES 10

      Hoe kan die vergaderinge van Jehovah se Getuies jou help?

      Het iemand jou al na ’n vergadering van Jehovah se Getuies genooi? As jy nog nie ’n vergadering bygewoon het nie, voel jy dalk ’n bietjie skrikkerig om vir die eerste keer te gaan. Jy wonder dalk: ‘Wat gebeur by hierdie vergaderinge? Hoekom is dit belangrik? Hoekom moet ek dit bywoon?’ In hierdie les sal jy leer hoe vergaderinge jou kan help om nader aan God te kom en hoe dit jou persoonlik kan help.

      1. Hoekom kom Jehovah se Getuies bymekaar?

      Kyk wat ’n Bybelskrywer gesê het die belangrikste rede is om saam met ander bymekaar te kom: “In die groot gemeente sal ek Jehovah loof” (Psalm 26:12). Vandag geniet Jehovah se Getuies dit ook baie om as ’n gemeente bymekaar te kom. Regoor die wêreld kom hulle elke week bymekaar om God te loof, te sing en te bid. ’n Paar keer elke jaar kom hulle ook in groter groepe bymekaar om te aanbid.

      2. Wat sal jy by ons vergaderinge leer?

      By ons vergaderinge word daar gefokus op God se Woord, en daar word “mooi verduidelik wat dit beteken”. (Lees Nehemia 8:8.) By ons vergaderinge sal jy oor Jehovah en sy wonderlike eienskappe leer. Wanneer jy meer leer oor hoe lief hy vir jou is, sal jy nader aan hom kom. Jy sal ook leer hoe hy jou kan help om ’n gelukkige lewe te hê. – Jesaja 48:17, 18.

      3. Hoe kan die mense wat jy by ons vergaderinge ontmoet, jou help?

      Jehovah sê dat ons “aandag [moet] skenk aan mekaar sodat ons mekaar tot liefde en goeie werke kan aanspoor. Ons moenie ons vergaderingbywoning verwaarloos” nie (Hebreërs 10:24, 25). By ons vergaderinge sal jy mense ontmoet wat regtig lief is vir mekaar en wat, net soos jy, graag meer oor God wil leer. Jy sal hoor hoe hulle oor aanmoedigende dinge uit die Bybel praat. (Lees Romeine 1:11, 12.) Jy sal ook met verskillende mense kan gesels, getroudes en ongetroudes, wat gelukkig is, al het hulle probleme. Dit is maar net ’n paar redes hoekom Jehovah wil hê dat ons gereeld bymekaar moet kom!

      SOEK DIEPER

      Vind uit wat by die vergaderinge van Jehovah se Getuies gebeur en hoekom dit die moeite werd is om hierdie vergaderinge by te woon.

      4. Vergaderinge van Jehovah se Getuies

      In die eerste eeu het Christene gereeld bymekaargekom om Jehovah te aanbid (Romeine 16:3-5). Lees Kolossense 3:16, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoe het die Christene in die eerste eeu Jehovah aanbid?

      Vandag kom Jehovah se Getuies ook gereeld bymekaar by hulle Koninkryksale. Speel die VIDEO om uit te vind wat by hulle vergaderinge gebeur. Kyk dan na die prent van ’n vergadering, en bespreek die volgende vrae.

      VIDEO: Wat gebeur by ’n Koninkryksaal? (2:12)

      • Watter dinge wat by ’n Koninkryksaal gebeur, is dieselfde as die dinge waarvan jy in Kolossense 3:16 gelees het?

      • Is daar nog iets in die video of in die prent waarvan jy gehou het?

      Lees 2 Korintiërs 9:7, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoekom word daar nie geld gevra of is daar geen kollektes by die vergaderinge van Jehovah se Getuies nie?

      Kyk saam met jou studiehouer wat by die volgende vergadering bespreek sal word.

      • Watter deel van die vergadering dink jy sal die interessantste wees of sal jou die meeste kan help?

      Het jy geweet?

      Jy kan op jw.org uitvind waar en wanneer vergaderinge regoor die wêreld gehou word.

      Collage: Tonele by ’n Koninkryksaal voor, gedurende en ná ’n vergadering. Dieselfde tonele in prent A tot D. A. ’n Broer gee ’n Bybeltoespraak van die verhoog af gedurende ’n vergadering. B. ’n Suster gee ’n antwoord gedurende ’n vraag-en-antwoord-deel van ’n vergadering. C. ’n Broer praat met ’n gesin ná ’n vergadering. D. ’n Broer hou die deur oop vir ’n ou persoon wat by die vergadering aankom.
      1. Vergaderinge begin en eindig met ’n lied en ’n gebed

      2. Gedurende party dele van die program word die gehoor ook kans gegee om te antwoord

      3. Almal is welkom – gesinne, ongetroude mense, oumense en kinders

      4. Die vergaderinge van Jehovah se Getuies is gratis. Jy hoef nie te betaal om dit by te woon nie, en daar is geen kollektes nie

      5. Ons moet moeite doen om die vergaderinge by te woon

      Kyk na die voorbeeld van Jesus se gesin. Hulle het elke jaar na die tempel in Jerusalem gegaan. Hulle moes van Nasaret af 100 km deur bergagtige gebiede loop om daar uit te kom. Lees Lukas 2:39-42, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Dink jy dat dit maklik was om Jerusalem toe te gaan?

      • Hoekom sal jy dalk moeite moet doen om vergaderinge by te woon?

      • Dink jy dis die moeite werd? Hoekom?

      Collage: Josef, Maria, Jesus en een van Jesus se broers berei voor vir ’n reis. 1. Josef laai sakke op ’n donkie, en Maria pak kos in. 2. ’n Kaart wys die roete van Nasaret na Jerusalem.

      Die Bybel sê dat dit baie belangrik is om bymekaar te kom om Jehovah te aanbid. Lees Hebreërs 10:24, 25, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoekom moet ons die vergaderinge gereeld bywoon?

      PARTY MENSE SÊ: “Jy hoef nie saam met ander bymekaar te kom nie. Jy kan die Bybel maar net by die huis studeer.”

      • Watter teks of voorbeeld in die Bybel wys wat Jehovah wil hê?

      WAT ONS GELEER HET

      Wanneer jy vergaderinge bywoon, sal dit jou help om meer oor Jehovah te leer, om jou vriendskap met hom sterker te maak en om hom saam met ander te aanbid.

      Hersiening

      • Hoekom moedig Jehovah ons aan om bymekaar te kom?

      • Wat sal jy leer by die vergaderinge van Jehovah se Getuies?

      • Op watter ander maniere kan die vergaderinge jou help?

      Doelwit

      LEER MEER

      Is jy skrikkerig om ’n vergadering by te woon? Kyk hoe ’n man wat so gevoel het, lief geword het vir die vergaderinge.

      Ons sal nooit vergeet hoe hy ons gegroet het nie (4:16)

      Kyk hoe ’n jong man die vergaderinge geniet het en wat hy gedoen het sodat hy kon aanhou om dit by te woon.

      Ek het die vergaderinge baie geniet! (4:33)

      Vind uit hoe ander oor die vergaderinge voel.

      “Hoekom vergaderinge by die Koninkryksaal bywoon?” (Web-artikel)

      Vind uit hoe ’n gewelddadige bendelid se lewe verander het nadat hy ’n vergadering van Jehovah se Getuies bygewoon het.

      “Ek het nêrens gegaan sonder my vuurwapen nie” (Die Wagtoring, 1 Julie 2014)

  • God se Koninkryk regeer nou!
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 5. Die wêreld het verander vanaf 1914

      Speel die VIDEO.

      VIDEO: Die wêreld het verander vanaf 1914 (1:10)

      Jesus het voorspel hoe die wêreld sou wees nadat hy Koning geword het. Lees Lukas 21:9-11, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Watter van hierdie dinge het jy al gesien of van gehoor?

      Die apostel Paulus het beskryf hoe mense sou wees in die laaste dae van menseregerings. Lees 2 Timoteus 3:1-5, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Watter van hierdie dinge het jy al gesien?

      Collage: Tonele wat wêreldtoestande en gesindhede wys in die laaste dae. 1. ’n Militêre leier by ’n rostrum skree met sy arms in die lug. 2. Geboue is vernietig ná ’n aardbewing. 3. Militêre vliegtuie. 4. ’n Groep wat maskers dra, loop buite rond. 5. Die Tweelingtorings in New York is in vlamme ná ’n terroriste-aanval. 6. ’n Man gebruik dwelms. 7. ’n Man lig sy vuis op en skree op sy vrou. 8. Verskillende dwelms en alkohol. 9. Twee vrouens dra klere en juwele wat in die mode is en vat ’n selfie. 10. ’n Platejoggie speel musiek vir ’n groep mense by ’n konsert. 11. ’n Rebel staan op die punt om ’n petrolbom te gooi.

      6. Die feit dat God se Koninkryk regeer, moet ons motiveer

      Lees Matteus 24:3, 14, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Watter belangrike werk wys dat God se Koninkryk nou regeer?

      • Hoe kan jy deelneem aan hierdie werk?

      God se Koninkryk regeer nou, en die dag wanneer dit heeltemal in beheer van die aarde sal wees, is naby. Lees Hebreërs 10:24, 25, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Wat moet elkeen van ons doen terwyl ons “die dag sien nader kom”?

      Collage: 1. ’n Bybelstudent woon ’n vergadering van Jehovah se Getuies by. 2. Dieselfde student preek vir ’n vriend.

      As jy iets geleer het wat ander kan help en hulle lewens kan red, wat sal jy doen?

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel