Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die wêreld was hulle nie werd nie
    Die Wagtoring – 1987 | Januarie 15
    • 13. (a) Wie het “bespottinge en geselinge” verduur? (b) Wie het “boeie en gevangenis ondervind?

      13 As ons geloof het, sal ons vervolging kan verduur. (Lees Hebreërs 11:36-38.) Wanneer ons vervolg word, is dit nuttig om die opstandingshoop te onthou en te besef dat God ons kan onderskraag soos hy ander onderskraag het wat “die proef [of, toets van geloof] van bespottinge en geselinge deurstaan [het], ook van boeie en gevangenis”. Die Israeliete het voortdurend “met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het” (2 Kronieke 36:15, 16). Deur geloof het Miga, Elisa en ander knegte van God “bespottinge” verduur (1 Konings 22:24; 2 Konings 2:23, 24; Psalm 42:4). “Geselinge” was bekend in die dae van Israel se konings en profete, en teenstanders het Jeremia “geslaan”, en dit was nie bloot ’n beledigende klap nie. “Boeie en gevangenis” kan ons aan sy ondervindinge herinner, sowel as aan dié van Miga en Hanani (Jeremia 20:1, 2; 37:15; 1 Konings 12:11; 22:26, 27; 2 Kronieke 16:7, 10). Omdat Jehovah se hedendaagse getuies soortgelyke geloof het, was hulle in staat om vergelykbare lyding te verduur “ter wille van die geregtigheid”.—1 Petrus 3:14.

  • Die wêreld was hulle nie werd nie
    Die Wagtoring – 1987 | Januarie 15
    • 15. Wie is “mishandel” en “het in woestyne rondgedwaal”?

      15 Ander is “deur die swaard vermoor”, soos byvoorbeeld Elia se medeprofete van God wat in die dae van goddelose koning Agab “met die swaard gedood” is (1 Konings 19:9, 10). Elia en Elisa was onder diegene met geloof wat “rondgeloop [het] in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel”. (1 Konings 19:5-8, 19; 2 Konings 1:8; 2:13; vergelyk Jeremia 38:6.) Diegene wat “in woestyne rondgedwaal [het] en op berge en in spelonke en skeure in die grond” omdat hulle vervolg is, moet nie alleen Elia en Elisa insluit nie, maar ook die 100 profete wat Obadja 50 by 50 in ’n spelonk weggesteek het en met brood en water onderhou het toe afgodsaanbiddende koningin Isebel begin het om ‘die profete van Jehovah uit te roei’ (1 Konings 18:4, 13; 2 Konings 2:13; 6:13, 30, 31). Watter handhawers van onkreukbaarheid tog! Geen wonder Paulus het gesê nie: “Die wêreld [onregverdige mensegemeenskap] was hulle nie werd nie”!

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel