Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Getuig van Jehovah en moenie vermoeid word nie
    Die Wagtoring – 1989 | Desember 15
    • 8. (a) Wat het Paulus beweeg om sy brief aan die Hebreërs te skryf? (b) Watter aspek van sy brief gaan ons ondersoek, en waarom?

      8 In ongeveer 61 G.J. was Paulus ’n gevangene in Rome, maar hy was bewus van wat met sy broers in Jerusalem gebeur het. Daarom het hy, onder die leiding van Jehovah se gees, sy tydige brief aan die Hebreërs geskryf. Dit is vol liefdevolle besorgdheid oor sy Hebreeuse broers en susters. Paulus het geweet wat hulle nodig gehad het om hulle geloof en vertroue in Jehovah as hul Helper op te bou. Dan sou hulle ‘met volharding die wedloop kon loop wat voor hulle gelê het’ en vol vertroue kon sê: “Die Here [“Jehovah”, NW] is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?” (Hebreërs 12:1; 13:6). Dit is hierdie aspek van Paulus se brief aan die Hebreërs (hoofstukke 11-13) wat ons nou wil ondersoek. Waarom? Omdat die situasie waarvoor daardie vroeë Christene te staan gekom het dieselfde is as dié waarmee Jehovah se Getuies vandag te kampe het.

  • Getuig van Jehovah en moenie vermoeid word nie
    Die Wagtoring – 1989 | Desember 15
    • 11. Hoe kan ons vandag baat vind by die “wolk van getuies rondom ons”?

      11 Na die verslag oor hierdie getroue manne en vroue sê Paulus: “Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê” (Hebreërs 12:1). Is hierdie voorbeeldige getroue getuies lewend in ons verstand al slaap hulle nou in die graf? Ken jy hulle en hulle ondervindinge goed genoeg om ja te antwoord? Dit is een van die talle belonings van gereelde Bybelstudie waartydens ons al ons sinne gebruik om die opwindende ondervindinge van hierdie “wolk van getuies” te herlewe. As ons hulle getroue voorbeeld ter harte neem, sal dit ons inderdaad baie help om enige gebrek aan geloof te bowe te kom. Dít weer sal ons help om in alle omstandighede vrymoedig en onverskrokke van die waarheid te getuig.—Romeine 15:4.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel