-
Bring offers wat Jehovah behaagDie Wagtoring – 1989 | Desember 15
-
-
8. Hoe sal jy Paulus se woorde in Hebreërs 13:9 parafraseer?
8 Die onveranderlikheid van Jesus se persoonlikheid en leringe moet ons laat vashou aan wat hy en sy apostels geleer het. Daar is vir die Hebreërs gesê: “Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word [of, “vastheid kry”, NW] deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.”—Hebreërs 13:9.
-
-
Bring offers wat Jehovah behaagDie Wagtoring – 1989 | Desember 15
-
-
10. Waardeur word die hart volgens Hebreërs 13:9 vastheid gegee?
10 Die Hebreërs moes dus waak om nie ‘rondgeslinger te word deur allerhande en vreemde leringe’ van Judaïseerders nie (Galasiërs 5:1-6). Dit is nie deur sulke leringe nie maar deur ‘God se genade wat die hart vastheid gegee kan word’ om standvastig in die waarheid te bly. Party het blykbaar oor kosse en offers geargumenteer, want Paulus het gesê dat die hart geen vastheid gekry het “deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie”. Geestelike voordele spruit uit godvrugtige toegewydheid en waardering vir die losprys, nie uit oordrewe besorgdheid oor die eet van sekere kosse en die viering van spesifieke dae nie (Romeine 14:5-9). Boonop het Christus se offer Levitiese offers kragteloos gemaak.—Hebreërs 9:9-14; 10:5-10.
-