-
Is die belydenis van sondes ’n vereiste van God?Die Wagtoring — 2010 | September 1
-
-
As ons weer na die boek Jakobus gaan, vind ons hierdie bemoedigende woorde: “Is iemand onder julle [geestelik] siek? Laat hom die ouer manne van die gemeente na hom toe roep, en laat hulle oor hom bid en hom in die naam van Jehovah met olie salf. En die gebed van geloof sal die een wat ongesteld is, gesond maak, en Jehovah sal hom oprig. Ook as hy sondes gepleeg het, sal dit hom vergewe word.”—Jakobus 5:14, 15.
Hier word daar weer van die ouer manne verwag om in die behoeftes van die kudde te voorsien. Hoe? Nie net deur na ’n belydenis te luister nie. Maar aangesien dit ’n geval van geestelike siekte is, moet iets daadwerkliks gedoen word om “die een wat ongesteld is, gesond [te] maak”. Jakobus meld twee dinge wat gedoen kan word.
-
-
Is die belydenis van sondes ’n vereiste van God?Die Wagtoring — 2010 | September 1
-
-
Dan is daar “die gebed van geloof”. Hoewel die gebede van die ouer manne nie God se toepassing van geregtigheid sal beïnvloed nie, is hierdie gebede belangrik vir God, wat gretig is om sonde op grond van Christus se losprysoffer te vergewe (1 Johannes 2:2). God is bereid om enige sondaar te help wat opreg berouvol is en “werke . . . doen wat by berou pas”.—Handelinge 26:20.
-