Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wêreldrapport
    2007 Jaarboek van Jehovah se Getuies
    • Switserland

      In Genève, ’n kosmopolitiese stad, het ’n suster met die naam Marie met ’n vrou uit die Midde-Ooste gepraat. Aangesien Marie Arabies leer, het sy hierdie taal gebruik om met haar te kommunikeer. Marie het gesê dat sy in net een ware God glo. Daarop het die vrou haar omhels en gesoen en gesê dat sy hartseer was en gebid het toe Marie met haar kom praat het. Die vrou het gesê dat sy die volgende dag na haar eie land sou terugkeer. Marie het haar Bybel oopgemaak en 1 Petrus 3:7 gelees en het verduidelik dat God ’n hoë dunk van vroue het. Daarna het sy gesê dat Jehovah wil hê dat elke man sy vrou moet eer en respekteer. Die vrou was verbaas en het gevra: “Is jy ’n engel, of is jy ’n mens? My hart is seer omdat my man nie doen wat God in hierdie teks sê nie. Ek bid gereeld dat God my moet help. En jy het eenvoudig hierdie boek oopgemaak en hierdie teks vir my gelees.” Die vrou het toe vir Marie gevra om die teks vir haar op ’n stuk papier neer te skryf. Sy het gesê dat sy die papier saam met haar sou neem, dit vir haar gesin sou wys en vir hulle van hierdie wonderlike ontmoeting sou vertel. Marie was jammer dat die vrou moes gaan, maar hulle het gesê dat hulle met mekaar in verbinding sal bly.

  • Wêreldrapport
    2007 Jaarboek van Jehovah se Getuies
    • [Prent op bladsy 55]

      Marie

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel