-
‘Bo alles moet julle intense liefde hê’Hou aan waak!
-
-
‘Bo alles moet julle intense liefde hê’
“Die einde van alles het naby gekom. . . . Bo alles moet julle intense liefde vir mekaar hê.”—1 PETRUS 4:7, 8.
JESUS het geweet dat sy laaste paar uur saam met sy apostels kosbaar was. Hy het geweet wat vir hulle voorgelê het. Hulle het ’n groot werk gehad om te doen, maar hulle sou, net soos hy, gehaat en vervolg word (Johannes 15:18-20). Gedurende daardie laaste nag saam met hulle het hy hulle meer as een keer daaraan herinner dat hulle “mekaar moet liefhê”.—Johannes 13:34, 35; 15:12, 13, 17.
2 Die apostel Petrus, wat daardie nag teenwoordig was, het die punt gesnap. Jare later, toe hy kort voor die vernietiging van Jerusalem ’n brief geskryf het, het Petrus die belangrikheid van liefde beklemtoon. Hy het Christene gemaan: “Die einde van alles het naby gekom. . . . Bo alles moet julle intense liefde vir mekaar hê” (1 Petrus 4:7, 8). Petrus se woorde is baie betekenisvol vir diegene wat gedurende “die laaste dae” van hierdie teenswoordige stelsel van dinge lewe (2 Timoteus 3:1). Wat is “intense liefde”? Waarom is dit belangrik dat ons hierdie soort liefde vir ander moet hê? En hoe kan ons toon dat ons dit het?
“Intense liefde”—Wat is dit?
3 Baie mense dink aan liefde as ’n gevoel wat natuurlik moet ontstaan. Maar Petrus het nie van sommer enige soort liefde gepraat nie; hy het van die edelste vorm van liefde gepraat. Die woord “liefde” in 1 Petrus 4:8 is ’n vertaling van die Griekse woord a·gaʹpe. Hierdie term verwys na onselfsugtige liefde wat deur beginsels gerig word. Een naslaanwerk sê: “Agape-liefde staan onder jou beheer omdat dit nie allereers ’n emosie is nie, maar ’n wilsbesluit wat tot optrede lei.” Omdat ons ’n oorgeërfde neiging tot selfsug het, het ons herinneringe nodig om liefde aan mekaar te betoon en dit te doen op maniere wat met goddelike beginsels ooreenstem.—Genesis 8:21; Romeine 5:12.
4 Dit wil nie sê dat ons mekaar bloot uit pligsgevoel moet liefhê nie. A·gaʹpe is nie sonder hartlikheid of gevoel nie. Petrus het gesê dat ons ‘intense [letterlik, “uitgestrekte”] liefde vir mekaar moet hê’ (Kingdom Interlinear).a Hierdie soort liefde verg nogtans inspanning. Een geleerde sê aangaande die Griekse woord wat met “intense” vertaal word: “Dit skep die beeld van ’n atleet se gespanne spiere terwyl hy aan die einde van ’n wedloop sy laaste greintjie krag deur wilskrag inspan.”
5 Ons liefde moet dus nie beperk word tot net ’n paar mense of tot dinge wat vir ons maklik is om te doen nie. Christelike liefde vereis dat ons ons hart “uitstrek” en liefde betoon selfs wanneer dit ’n uitdaging is om dit te doen (2 Korintiërs 6:11-13). Dit is duidelik dat hierdie soort liefde iets is wat ons moet aankweek en waarop ons ons moet toelê, net soos ’n atleet moet oefen en hom daarop moet toelê om sy vaardighede te verbeter. Dit is noodsaaklik dat ons sulke liefde vir mekaar moet hê. Waarom? Daar is ten minste drie redes.
-
-
‘Bo alles moet julle intense liefde hê’Hou aan waak!
-
-
7 Tweedens, dit is uiters belangrik dat ons nóú groter liefde vir mekaar moet hê sodat ons ons broers kan help as hulle hulp nodig het, want “die einde van alles het naby gekom” (1 Petrus 4:7). Ons lewe in “kritieke tye . . . wat moeilik is om deur te kom” (2 Timoteus 3:1). Wêreldtoestande, natuurrampe en teenstand laat ons swaar kry. Onder moeilike omstandighede moet ons steeds nader aan mekaar kom. Intense liefde sal ons saambind en ons beweeg om ‘vir mekaar te sorg’.—1 Korintiërs 12:25, 26.
8 Derdens, ons moet mekaar liefhê omdat ons nie wil “plek toelaat vir die Duiwel” nie (Efesiërs 4:27). Satan staan gereed om die onvolmaakthede van ons medegelowiges—hulle swakhede, tekortkominge en foute—as struikelblokke te gebruik. Sal ons ons aan die gemeente onttrek as gevolg van ’n onbedagsame aanmerking of ’n liefdelose daad deur ’n medegelowige? (Spreuke 12:18). Nie as ons intense liefde vir mekaar het nie! Hierdie soort liefde help ons om die vrede te bewaar en God in eenheid “skouer aan skouer” te dien.—Sefanja 3:9.
-
-
‘Bo alles moet julle intense liefde hê’Hou aan waak!
-
-
13 Liefde beweeg ons om die tekortkominge van ander oor te sien. Let daarop dat Petrus, toe hy sy lesers gemaan het om “intense liefde vir mekaar [te] hê”, die rede gegee het waarom dit so belangrik is: “Want die liefde bedek ’n menigte sondes” (1 Petrus 4:8). Om sondes te “bedek”, beteken nie dat ’n mens ernstige sondes toesmeer nie. Sulke sake moet tereg aan verantwoordelike persone in die gemeente gerapporteer word en deur hulle hanteer word (Levitikus 5:1; Spreuke 29:24). Dit sou uiters liefdeloos—en onskriftuurlik—wees om toe te laat dat growwe sondaars voortgaan om onskuldiges seer te maak of te veronreg.—1 Korintiërs 5:9-13.
14 In die meeste gevalle is die tekortkominge en foute van medegelowiges onbeduidend. Ons struikel almal soms in woord en daad en stel mekaar teleur of maak mekaar selfs seer (Jakobus 3:2). Moet ons gou wees om ander se tekortkominge uit te basuin? Dit sal net wrywing in die gemeente veroorsaak (Efesiërs 4:1-3). As ons deur liefde gerig word, sal ons nie ’n medeaanbidder se ‘tekortkoming verraai’ nie (Psalm 50:20). Net soos pleister en verf die gebreke van ’n muur bedek, so bedek liefde die onvolmaakthede van ander.—Spreuke 17:9.
-
-
‘Bo alles moet julle intense liefde hê’Hou aan waak!
-
-
a In 1 Petrus 4:8 sê ander Bybelvertalings dat ons mekaar “opreg”, “hartlik” en “vurig” moet liefhê.
-