-
‘Die getroue slaaf’ deurstaan die toets!Die Wagtoring – 2004 | Maart 1
-
-
15, 16. (a) Wanneer was dit tyd om afrekening te hou? (b) Watter nuwe geleenthede om ‘handel te dryf’, is aan getroues gegee?
15 Die gelykenis gaan verder: “Ná ’n lang tyd het die heer van daardie slawe gekom en met hulle afrekening gehou” (Matteus 25:19). In 1914—beslis ’n lang tyd ná 33 G.J.—het Christus Jesus sy koninklike teenwoordigheid begin. Drie en ’n half jaar later, in 1918, het hy na God se geestelike tempel gekom en Petrus se woorde vervul: “Dit is die vasgestelde tyd vir die oordeel om by die huis van God te begin” (1 Petrus 4:17; Maleagi 3:1). Dit was tyd om afrekening te hou.
-
-
‘Die getroue slaaf’ deurstaan die toets!Die Wagtoring – 2004 | Maart 1
-
-
In Matteus hoofstukke 24 en 25 word daar in verskillende kontekste gesê dat Jesus “kom”. Dit is nie vir hom nodig om fisies te beweeg om te “kom” nie. Hy “kom” eerder in die sin dat hy sy aandag tot die mensdom of tot sy volgelinge wend, dikwels om te oordeel. In 1914 het hy dus “gekom” om sy teenwoordigheid as gekroonde Koning te begin (Matteus 16:28; 17:1; Handelinge 1:11). In 1918 het hy as boodskapper van die verbond “gekom” en diegene wat beweer het dat hulle Jehovah dien, begin oordeel (Maleagi 3:1-3; 1 Petrus 4:17). By Armageddon sal hy “kom” om oordeel aan Jehovah se vyande te voltrek.—Openbaring 19:11-16.
-