-
Werp al julle bekommernis op JehovahDie Wagtoring – 1994 | November 15
-
-
8, 9. Watter bemoediging kan ons uit 1 Petrus 5:6-11 put?
8 Petrus het bygevoeg: “Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak [“opleiding voltooi”, NW], bevestig, versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.”—1 Petrus 5:6-11.
-
-
Werp al julle bekommernis op JehovahDie Wagtoring – 1994 | November 15
-
-
10. Eerste Petrus 5:6, 7 sinspeel op watter drie eienskappe wat kan help om bekommernis te verminder?
10 Eerste Petrus 5:6, 7 sinspeel op drie eienskappe wat ons kan help om ons bekommernis te verwerk. Een is nederigheid, of “ootmoed”. Vers 6 sluit af met die uitdrukking “op die regte tyd”, wat toon dat ons geduldig moet wees. Vers 7 toon dat ons met vertroue al ons bekommernis op God kan werp ‘want hy sorg vir ons’, en daardie woorde spoor ons aan om volkome op Jehovah te vertrou. Kom ons kyk dus nou hoe nederigheid, geduld en volkome vertroue op God ons kan help om ons bekommernis te verminder.
Hoe nederigheid kan help
11. Hoe kan nederigheid ons help om ons bekommernis te verwerk?
11 As ons nederig is, sal ons erken dat God se gedagtes ver bo ons s’n verhewe is (Jesaja 55:8, 9). Nederigheid sal ons help besef dat ons verstandelike visie beperk is in vergelyking met Jehovah se alomvattende perspektief. Hy sien dinge wat nie vir ons waarneembaar is nie, soos in die geval van die regverdige man Job (Job 1:7-12; 2:1-6). Deur ons “onder die kragtige hand van God” te verneder, erken ons ons nederige posisie in verhouding met die Oppersoewerein. Dit weer help ons om ons aan te pas by die omstandighede wat hy toelaat. Ons hart hunker dalk na onmiddellike verligting, maar aangesien Jehovah se eienskappe in volmaakte balans is, weet hy presies wanneer en hoe om ten behoewe van ons op te tree. Laat ons dus soos jong kinders Jehovah se magtige hand in nederigheid vashou, vol vertroue dat hy ons sal help om ons bekommernisse te verwerk.—Jesaja 41:8-13.
12. Watter uitwerking kan dit op ons bekommernis oor materiële sekuriteit hê as ons die woorde van Hebreërs 13:5 nederig toepas?
12 Nederigheid sluit gewilligheid in om raad uit God se Woord toe te pas, wat dikwels bekommernis kan verminder. As ons bekommernis byvoorbeeld die gevolg van diep betrokkenheid by materiële strewes is, sal dit dalk goed wees as ons oor Paulus se raad nadink: “Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want [God] het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Hebreërs 13:5). Deur sulke raad nederig toe te pas, het baie hulle van groot bekommernis oor materiële sekuriteit bevry. Hoewel hulle finansiële posisie dalk nie verbeter het nie, oorheers dit nie hulle gedagtes tot hulle geestelike nadeel nie.
Die rol van geduld
13, 14. (a) Watter voorbeeld het Job met betrekking tot geduldige volharding voorsien? (b) Wat kan dit vir ons doen as ons geduldig op Jehovah wag?
13 Die uitdrukking “op die regte tyd” in 1 Petrus 5:6 dui daarop dat dit nodig is om geduldig te volhard. Soms duur ’n probleem lank voort en dit kan ’n mens se bekommernis vergroot. Dit is veral dan wanneer ons sake aan Jehovah moet oorlaat. Die dissipel Jakobus het geskryf: “Ons noem dié wat volhard het gelukkig. Julle het gehoor van die volharding van Job en het gesien hoe Jehovah dit laat afloop het, dat Jehovah baie teer in geneentheid en barmhartig is” (Jakobus 5:11, NW). Job is ekonomies geruïneer, hy het tien kinders aan die dood afgestaan, aan ’n weersinwekkende siekte gely en is verkeerdelik deur valse troosters veroordeel. ’n Sekere mate van bekommernis sou onder sulke omstandighede normaal wees.
14 In ieder geval, Job was ’n voorbeeld van geduldige volharding. As ons ’n ernstige toets van ons geloof moet verduur, moet ons dalk, soos hy, op verligting wag. Maar God hét ten behoewe van Job opgetree en hom uiteindelik uit sy lyding verlos en hom oorvloedig beloon (Job 42:10-17). As ons geduldig op Jehovah wag, laat dit ons in groter mate volhard en toon dit die diepte van ons toegewydheid aan hom.—Jakobus 1:2-4.
-