Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ws hfst. 13 bl. 106-112
  • Die “Vredevors” vestig sy aandag op diegene buite die nuwe verbond

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die “Vredevors” vestig sy aandag op diegene buite die nuwe verbond
  • Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die “ander skape” by een kudde ingesluit
  • Die uitnodiging: “Kom!” word gerig
  • God se nuwe verbond nader volvoering
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • Na die nuwe verbond—die Duisendjarige Koninkryk
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • Hoe ons baat kan vind by “een Middelaar tussen God en die mense”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Julle sal “’n koninkryk van priesters” word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
ws hfst. 13 bl. 106-112

Hoofstuk 13

Die “Vredevors” vestig sy aandag op diegene buite die nuwe verbond

1. Waarom kan die Jode van vandag nie ontken dat die Mosaïese verbond wat met hulle voorvaders gesluit is, sou eindig nie?

NATUURLIKE Jode van vandag, die vleeslike afstammelinge van die aartsvader Abraham, kan nie ontken dat die ou Mosaïese Wetsverbond deur ’n nuwe en beter verbond vervang sou word nie. Hulle kan nie die woorde van God in Jeremia 31:31 uit hulle manuskripte van die Hebreeuse Skrifte weglaat nie: “Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond sal sluit.”

2. Hoe is daar eindelik lig gewerp op die kwessie oor wie die Middelaar van die nuwe verbond sou wees?

2 Jeremia het nie voorspel wie die middelaar van daardie nuwe verbond sou wees nie. Maar op die nag van 14 Nisan 33 G.J., toe Jesus Christus die beker met die Pasgawyn aan sy dissipels gegee het, het hy getoon dat hy daardie Middelaar sou wees (Lukas 22:20). In Hebreërs 7:22 word ons meegedeel dat hy die “borg”, pand of waarborg van so ’n nuwe en “beter verbond” is.

3. Watter ander amp beklee Jesus Christus voor God, en het hy dit deur afstamming verkry?

3 Deur sy offer ter wille van die nuwe verbond het Jesus Jehovah se Hoëpriester geword. Hy het hierdie amp nie deur natuurlike afstamming van Aäron, Israel se eerste hoëpriester, verkry nie. Hy is in die amp van Hoëpriester ingesweer deur die eed van die allerhoogste God, Jehovah, die Priesteraansteller. Die woorde van Psalm 110:4 is op Jesus van toepassing: “Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek.”—Hebreërs 7:20, 21.

4. (a) Met watter soort “Israel” het Jehovah die beloofde nuwe verbond gesluit, en waarom? (b) Persone in die nuwe verbond het die kinders van watter ouers geword?

4 Met die uitsondering van ’n klein oorblyfsel het die nasie van natuurlike Israel Jesus Christus as die Middelaar van die nuwe verbond verwerp. “Die huis van Israel” met wie God die voorspelde nuwe verbond gesluit het, was ’n geestelike Israel, “die Israel van God” (Galasiërs 6:16). Daardie geestelike Israel is op Pinksterdag van 33 G.J. gebore. Omdat dit geestelik van aard was, kon gelowige nie-Jode, of Heidene, burgers daarvan word (Handelinge 15:14). Petrus het dit aangespreek as “’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry” (1 Petrus 2:9). Hierdie “heilige volk” bestaan uit die geestelike seuns van die Grotere Abraham, Jehovah, die Maker en die Vervuller van die Abrahamitiese verbond. Hulle is gevolglik terselfdertyd die “kinders” van Jehovah se gemalin- hemelse organisasie, wat afgebeeld is deur Sara, Abraham se vrou. Die nuwe verbond van die Grotere Abraham neem onvermydelik daardie hemelse organisasie as die moeder van die beloofde “saad”, wat deur Isak afgebeeld is, in ag.

Die “ander skape” by een kudde ingesluit

5. Wat het die nuwe verbond hier op aarde nodig gehad?

5 Daardie nuwe verbond het bedrywige bedienaars hier op aarde nodig gehad, en die lede van die gesalfde oorblyfsel het opgetree as die bekwame “bedienaars van ’n nuwe verbond” wat die ou Mosaïese Wetsverbond vervang het (2 Korinthiërs 3:6, NAV). Hulle is nie klerikale bedienaars in die honderde godsdienssektes van die Christendom, die opvallendste deel van die hedendaagse Babilon die Grote, nie. Hulle het ag geslaan op die bevel in Openbaring 18:4 en het uit daardie wêreldryk van valse godsdiens gekom.

6. (a) Tot hoeveel is die getal van die bedienaars van die nuwe verbond beperk? (b) Hoe weet ons dat die Goeie Herder sy aandag sou vestig op diegene buite die nuwe verbond?

6 Die gesalfde bedienaars in daardie nuwe verbond sou tot 144 000 beperk wees (Openbaring 7:1-8; 14:1-5). Die tyd sou dus stellig aanbreek wanneer die Goeie Herder sy aandag op meer as net die bedienaars van die nuwe verbond sou vestig. Jehovah se Eerste Minister het dit voorsien en hierna verwys toe hy in Johannes 10:16 gesê het dat hy “ander skape” het wat nie ’n deel van die “klein kuddetjie” van 144 000 is nie.—Lukas 12:32.

7. (a) Waarom is lede van die “ander skape”-klas nie bedienaars van die nuwe verbond nie? (b) Hoe het die oorblyfsel van diegene in die nuwe verbond reeds die geslagte en nasies van die aarde tot seën begin strek?

7 Hoewel die “ander skape” nie ’n deel van die “klein kuddetjie” sou wees nie, sou hulle ook bedienaars van God wees, maar nie bedienaars van die nuwe verbond nie. En die feit dat daardie “ander skape” “een kudde” sou word saam met die oorblyfsel van daardie “bedienaars van ’n nuwe verbond” sou iets groots aandui. Wat? Dat die oorblyfsel persoonlik met die “ander skape” op aarde sou omgaan voordat eersgenoemdes in die hemelse Koninkryk verheerlik word. So sou die oorblyfsel van die geestelike saad van Abraham begin om vir al die geslagte en nasies ’n seën te wees voor “die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God” by Armageddon en voor die begin van die Millennium.—Galasiërs 3:29; Openbaring 16:14, 16.

8. Wanneer het die Goeie Herder sy aandag begin vestig op diegene buite die nuwe verbond, en watter voorlopige stap het hierdie “ander skape” gedoen?

8 Dit was inderdaad die geval, veral sedert 1935. Sedertdien het miljoene van daardie “ander skape” met die tienduisende gemeentes van Jehovah se Getuies rondom die aardbol omgegaan en hulself aan die Opperherder, Jehovah God, toegewy. Sodoende is hulle tot die “een kudde” van die Goeie Herder, Jesus Christus, toegelaat.

9. Het die feit dat die Middelaar van die nuwe verbond sy aandag op meer persone gevestig het, beteken dat die bediening van die nuwe verbond op aarde geëindig het?

9 Het die feit dat die Middelaar van die nuwe verbond sedertdien sy aandag verruim het om ook die “ander skape” in te sluit beteken dat die bediening van die nuwe verbond in 1935 geëindig het? Nee, want daar is nog ’n oorblyfsel van die bedienaars van die nuwe verbond op aarde, en hulle moet nog daardie bediening volbring.

10. Wie vind vandag baat by die bediening van die nuwe verbond soos gelewer deur die agt skrywers van die Christelike Griekse Skrifte?

10 Vandag vind die oorblyfsel van die “klein kuddetjie” sowel as die toenemende “groot menigte” van die Goeie Herder se “ander skape” baat by die bediening van ander, soos die apostel Paulus, wat hulle voorgegaan het. Terwyl hy sy bediening van die nuwe verbond getrou vervul het tot met sy dood in Rome ’n ruk voordat Jerusalem in 70 G.J. vernietig is, is Paulus geïnspireer om 14 van die 27 boeke van die Christelike Griekse Skrifte te skryf. Hoe dankbaar kan die gesalfde oorblyfsel en die “groot menigte” “ander skape” tog wees dat getroue manne van die eerste eeu, soos die apostel Paulus en die sewe ander skrywers van die Christelike Griekse Skrifte, hulle bediening van die nuwe verbond tot aan die einde van hulle aardse lewens vervul het! En in ons dag vind miljoene van die “ander skape” reeds baat by die bediening van die nuwe verbond, soos gelewer deur die gesalfde oorblyfsel onder die Middelaar, Jesus Christus. Die “Vredevors” het nou sy aandag gevestig op hierdie dierbare “ander skape”, wat vinnig toeneem.

11. (a) Hoe lank is die nuwe verbond al van krag, en wat beteken dit? (b) In watter hoedanigheid dien die bedienaars van die nuwe verbond vandag?

11 Maar daar moet nou min tyd oor wees! Die nuwe verbond is reeds 1953 jaar van krag, 407 jaar langer as die Mosaïese Wetsverbond wat daardeur vervang is, en die getal bedienaars van die nuwe verbond neem af namate lede deur hulle afsterwe van die aardse toneel verdwyn. Maar die hedendaagse oorblyfsel van daardie bedienaars gaan voort om as “die getroue en verstandige dienskneg” te dien wat die Heer, Jesus Christus, “oor al sy besittings” aangestel het.—Mattheüs 24:45-47.

Die uitnodiging: “Kom!” word gerig

12. Watter uitnodiging rig die “bruid”-klas volgens Openbaring 22:17, en tot wie?

12 Watter liefdevolle diens lewer hierdie bedienaars van die nuwe verbond tog! In Openbaring 22:17 lees ons byvoorbeeld: “Die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.” Die “bruid”-klas, en Jehovah se werkende krag, of gees, rig daardie uitnodiging aan diegene buite die nuwe verbond. Die uitnodiging word nie gerig tot afgestorwenes in die gedenkgrafte wat met ’n opstanding uit die dood geseën gaan word nie, maar tot mense wat nou lewe en wat die gevaar loop om by Armageddon vernietig te word, maar wat ore het wat kan hoor.

13. (a) Was die uitnodiging wat deur die “bruid”-klas gerig is, tevergeefs? Verduidelik. (b) Wat doen diegene wat reeds die uitnodiging aangeneem het uit gehoorsaamheid aan Openbaring 22:17? (c) Hoeveel tyd bly daar nog oor om die uitnodiging tot ander te rig?

13 Hierdie liefdevolle uitnodiging is veral sedert 1935 nie tevergeefs oor die hele aarde gerig nie. Meer as driemiljoen het reeds die genadige uitnodiging om te kom drink, aangeneem. As diegene wat met waardering gehoor het, sê hulle gehoorsaam aan nog ander miljoene wat na eindelose lewe op ’n paradysaarde dors: “Kom!” Maar die tyd om hierdie genadige uitnodiging tot die “ander skape” te rig, is beperk. Nadat dit nou al meer as ’n halfeeu lank gerig word, moet die tyd wat daarvoor oorbly baie kort wees, aangesien God se oorlog by Armageddon onheilspellend voor “hierdie geslag” van die mensdom opdoem.—Mattheüs 24:34.

14. Waarvoor moet ons Jehovah dank en loof?

14 Alle dank dus aan Jehovah dat hy die bekwame Middelaar voorsien het wat die doel van die nuwe verbond tot suksesvolle voltooiing voer deur ’n volk wat 144 000 tel vir Sy naam voort te bring! Geloofd sy Jehovah ook dat sy Middelaar as ’n Goeie Herder reeds al hoe meer miljoene van die “ander skape” in die “een kudde” inbring waar hulle klaar begin het om die vroeë voordele te ontvang wat deur die nuwe verbond na die mensdom vloei!

[Prent op bladsy 111]

Miljoene “ander skape” het in hierdie laaste dae in Jehovah se sigbare organisasie ingekom

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel