Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Verlossing is naby vir mense van godvrugtige toegewydheid!
    Die Wagtoring – 1990 | April 15
    • 2, 3. (a) Waarom is die woorde in 2 Petrus 2:9 vandag vir ons gerusstellend? (b) Op watter spesifieke verlossingsdade wys die Bybel as ’n grondslag vir bemoediging?

      2 Die gebeure in ons dag herinner ons aan sekere ander uiters betekenisvolle tye in die mensegeskiedenis. Die apostel Petrus vestig die aandag op die verlossingsdade wat God by daardie geleenthede verrig het en kom dan tot hierdie gerusstellende gevolgtrekking: “Die Here weet om [mense van godvrugtige toegewydheid uit beproewing] te verlos” (2 Petrus 2:9, vgl. NW). Let op die konteks van daardie verklaring, in 2 Petrus 2:4-10 (vgl. NW):

      3 “As God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in [Tartarus] gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het; en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ’n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees; en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense; want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke—die Here weet om [mense van godvrugtige toegewydheid uit beproewing] te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word; en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag.” Soos daardie verse toon, hou die gebeure in die dae van Noag en Lot groot betekenis vir ons in.

  • Verlossing is naby vir mense van godvrugtige toegewydheid!
    Die Wagtoring – 1990 | April 15
    • 4. Waarom het God die aarde in Noag se dag as verdorwe beskou? (Psalm 11:5).

      4 Die geskiedkundige verslag in Genesis hoofstuk 6 deel ons mee dat die aarde in Noag se dag verdorwe geword het voor die aangesig van die ware God. Waarom? Weens geweld. Dit was nie ’n kwessie van alleenstaande gevalle van kriminele geweld nie. Genesis 6:11 sê: “Die aarde was vol geweld.”

      5. (a) Watter gesindheid van mense het tot die geweld van Noag se dag bygedra? (b) Wat was Henog se waarskuwing aangaande goddeloosheid?

      5 Wat was die oorsaak daarvan? Die teks wat uit 2 Petrus aangehaal is, praat van goddelose mense. Ja, die menseaangeleenthede was deurdring van ’n gees van goddeloosheid. Dit het nie bloot ’n algemene veronagsaming van goddelike wette behels nie, maar ’n uittartende gesindheid teenoor God self.a En hoe kan daar verwag word dat mense wat God uittart goedhartig teenoor hulle medemens sal optree? Reeds voor Noag se geboorte was hierdie goddeloosheid so volop dat Jehovah Henog aangaande die gevolg daarvan laat profeteer het (Judas 14, 15). Hulle uittarting van God sou beslis lei tot ’n voltrekking van goddelike oordeel.

  • Verlossing is naby vir mense van godvrugtige toegewydheid!
    Die Wagtoring – 1990 | April 15
    • a “Anomia is veronagsaming van, of uittarting van, God se wette; asebeia [’n selfstandige naamwoord van die woord wat met ‘goddelose mense’ weergegee word] is dieselfde gesindheid teenoor God se Persoon.”—Vine’s Expository Dictionary of Old and New Testament Words, Deel 4, bladsy 170.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel